Om die Waarheid van God in Lewensstorms te VindVoorbeeld

Finding God's Truth In The Storms Of Life

DAG 10 VAN 10

Vrede, Hulp en Hoop vir Môre

Jy het die laaste dag van hierdie leesplan bereik! Vandag se oordenking gaan oor dít wat die belangrikste is vir enigiemand om te hê wanneer hulle 'n moeilike tyd in die gesig staar — hoop.

Waardeur jy ook al gaan, God weet. Sy liefde vir sy mense faal nooit. Hy waak nou oor jou. Hy het jou altyd in die palm van sy hand.

Dit maak nie saak wat gebeur of hoe jou lewensverhaal verloop nie, jy kan daarvan seker wees dat jy nooit buite God se plan is nie.

Jy kan ook rus vind in die wete dat jou Verlosser jou nooit alleen sal laat nie.

Die Openbaring 21:3-5 is 'n herinnering aan die ongelooflike hoop wat ons het as gevolg van Christus. God het vir ons 'n plek in die hemel belowe waar daar geen lyding of pyn meer sal wees nie en waar Hy elke traan van ons oë sal afvee. Selfs nou maak Hy vir ons plek daar. Hy maak alles nuut!

Waar jy jouself ook al vandag bevind, neem 'n oomblik om op die Verlosser te steun wat jou nooit sal verlaat of in die steek laat nie. Vind troos in die wete dat Hy alles ten goede laat meewerk. Vertrou ook daarop dat, watter beproewings jy ook al in hierdie lewe ondervind, dit nie eens waardig is om te vergelyk met die vreugde wat op jou wag nie.

Jou stryd is nooit te groot vir God nie. Dit maak nie saak hoe hopeloos jy voel nie; daar is 'n hoop groter as jou wanhoop. Kies om vandag daardie waarheid uit te leef.

Gebed: Liefdevolle Vader, dankie vir die versekering wat ons het dat U alles ten goede laat meewerk. Dankie dat, selfs wanneer die moeilikhede van hierdie lewe my oorweldig, dit my nie definieer nie. Dankie dat ek my identiteit in U kan vind en in die oorwinning wat ek weet op my wag. Dankie vir die geskenk van die ewige lewe saam met U. Help my om elke dag te leef met die wete dat ek, as u kind, hoop en vreugde kan vind. Amen.

Hierdie leespan is 'n bylaag tot die boek Why? Answers to Weather the Storms of Life. As jy meer Bybelse aanmoediging benodig om jou deur beproewings te help, kan jy jou kopie van die boek hier > kry.

Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Finding God's Truth In The Storms Of Life

As Christene is ons nie gevrywaar van probleme op aarde nie. Inteendeel, Johannes 16:33 verseker ons dat probleme sal opduik. Indien jy tans lewensstorms trotseer, is hierdie leesplan vir jou bedoel. Dit is 'n herinnering aan die hoop wat ons deur die lewensstorms dra. Indien jy tans nie enige stryd ervaar nie, sal dit die fondament vestig wat jou sal help tydens toekomstige beproewinge.

More

Ons wil graag vir Vernon Brewer, stigter en hoof uitvoerende beampte van World Help, wat hierdie leesplan verskaf het, bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.worldhelp.net