Om die Waarheid van God in Lewensstorms te VindVoorbeeld

Finding God's Truth In The Storms Of Life

DAG 9 VAN 10

Die Triomf van Tragedie

Wanneer 'n skrywer gaan sit om 'n roman te skryf, weet hy gewoonlik reeds hoe die boek gaan eindig. Hy weet alreeds met watter konflikte die hoofkarakters te kampe gaan hê en hoe hulle dit gaan oorkom.

Dieselfde geld vir God. Hy skryf jou storie, en Hy ken reeds die einde. Soms wil ons skree: "Wat gaan gebeur?" Ons wil op die laaste bladsy gaan loer. Sonder die hele storie, sukkel ons om te vertrou dat God se doel met ons probleme werklik al die pyn werd is.

Job is 'n perfekte voorbeeld van iemand wat so verward oor God se doel met sy lyding moes gewees het. Hy roep na God in sy frustrasie, en hy is baie keer wanhopig. God herinner egter vir Job daaraan dat sy voornemens en planne altyd seëvier. Terwyl God nooit vir Job die doel van sy lyding vertel nie, belowe Hy hom dat Hy steeds in beheer is.

Ons sal dalk nie altyd weet hoe ons lyding in die groter prentjie van God se plan inpas nie. Die wete dat God altyd 'n doel het met waardeur ons gaan moet ons egter gerusstel.

Ons kan geduldig wag vir God se plan wanneer ons weet dat dit nooit sal misluk nie. Ons lyding is net 'n klein deel van die groter verhaal van God se liefde vir die wêreld.

Gebed: Liefdevolle Vader, soms is dit vir my moeilik om geloof te hê as ek nie 'n doel met my lyding kan sien nie. Skenk aan my die nodige geduld en help my om te vertrou dat U altyd in beheer is. Dankie vir u perfekte plan vir die wêreld. Amen.

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Finding God's Truth In The Storms Of Life

As Christene is ons nie gevrywaar van probleme op aarde nie. Inteendeel, Johannes 16:33 verseker ons dat probleme sal opduik. Indien jy tans lewensstorms trotseer, is hierdie leesplan vir jou bedoel. Dit is 'n herinnering aan die hoop wat ons deur die lewensstorms dra. Indien jy tans nie enige stryd ervaar nie, sal dit die fondament vestig wat jou sal help tydens toekomstige beproewinge.

More

Ons wil graag vir Vernon Brewer, stigter en hoof uitvoerende beampte van World Help, wat hierdie leesplan verskaf het, bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.worldhelp.net