Om die Waarheid van God in Lewensstorms te VindVoorbeeld

Finding God's Truth In The Storms Of Life

DAG 4 VAN 10

Die Krag van Gebed

Wanneer ons deur beproewings gaan, kan dit voel asof dit gevaarlik is om te bid. Ons kan in die versoeking kom om te vra: "Gestel God antwoord nie my gebed op dié wyse wat ék dink Hy moet nie?" Of selfs: "Wat as God nie voorsien en my red van my probleme nie?" Gebed kan selfs nutteloos voel tydens ons donkerste oomblikke en dan kan ons begin twyfel of God ooit na ons luister.

1 Johannes 5:14-15 sê dat ons God moet vertrou wanneer ons bid. Wat ons ook al vra, God hoor ons altyd. Wanneer ons volgens sy wil bid, weet ons boonop dat Hy ons gebede sal verhoor, want Hy dra ons belange op die hart.

Die moeilikste deel van hierdie Skrifgedeelte is egter om die geloof te hê om te bid volgens die wil van God. Ons weet nie altyd wat God se wil is nie, en soms wil ons hê dat ons wil sal geskied. Dit is egter nie die doel van gebed nie. Gebed verbind ons met God en help ons om deur daardie verbinding vrede te vind. Gebed stel ons in staat om ons probleme en ons stryd aan God te gee en te sê: "Hierdie saak laat ek in u hande. U kan dit soveel beter hanteer as wat ek ooit kon."

Alhoewel ons almal hoop dat verligting van ons stryd deel van God se wil is, is dit nie altyd die geval nie. Selfs wanneer dit nie in God se plan is om ons te genees of uit 'n situasie te red nie, is gebed steeds belangrik.

Wanneer ons ons bekommernisse en versoeke na God neem, skenk dit aan ons 'n vrede wat die verstand te bowe gaan en ons harte en gedagtes bewaar. Stort dus vandag jou bekommernisse en versoeke in gebed voor God uit. Verlustig jou dan in die vrede en hoop wat jy in reaksie van Hom ontvang.

Gebed: Liefdevolle Vader, dankie vir die gawe van gebed. Dankie dat ek altyd met my versoeke en probleme na U kan kom. Dankie vir u volmaakte wil vir my lewe. Ek bid vir u belofte van vrede om my hart en verstand te bewaar wanneer vrees en twyfel insluip. Dankie dat U altyd oor my waak. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Finding God's Truth In The Storms Of Life

As Christene is ons nie gevrywaar van probleme op aarde nie. Inteendeel, Johannes 16:33 verseker ons dat probleme sal opduik. Indien jy tans lewensstorms trotseer, is hierdie leesplan vir jou bedoel. Dit is 'n herinnering aan die hoop wat ons deur die lewensstorms dra. Indien jy tans nie enige stryd ervaar nie, sal dit die fondament vestig wat jou sal help tydens toekomstige beproewinge.

More

Ons wil graag vir Vernon Brewer, stigter en hoof uitvoerende beampte van World Help, wat hierdie leesplan verskaf het, bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.worldhelp.net