Om die Waarheid van God in Lewensstorms te VindVoorbeeld

Finding God's Truth In The Storms Of Life

DAG 3 VAN 10

Die Rede vir Beproewings

Voordat Christene voor ʼn belangrike uitdaging te staan kom, glo die meeste blykbaar dat hulle 'n redelike goeie begrip van Romeine 5:3-4 het en dit maklik op hul lewens sal kan toepas wanneer moeilike tye aanbreek. Dan verander alles skielik. Miskien ervaar hulle die verlies van geliefdes, begin probleme in hul huwelike ondervind, of kry 'n telefoonoproep van die dokter wat sê: "Jy het kanker."

Dit is tydens sulke oomblikke dat ons dikwels besef hoe swak ons is ... en dan kan dit ʼn baie moeilike tyd vir ons wees. Ons het egter tydens hierdie oomblikke 'n keuse. Ons kan ons rug op Christenskap draai, weghardloop van die werklikheid, of aanvaar dat ons omstandighede van God af is.

Ons moet egter volhard. Ons moet vertrou dat God — wat selfs die hare op ons koppe getel het — genoeg vir ons omgee om vir ons te sorg, wat ook al oor ons pad kom. Ons moet onsself elke oggend opnuut daaraan herinner.

Elke dag wat ons beproewings verduur, groei ons in ons vermoë om deur moeilike tye te volhard. Volharding is iets wat die Skrif ons dikwels beveel om te doen. Om in volharding te groei, moet dus nie ligtelik opgeneem word nie!

Paulus sê vir ons dat volharding wat deur lyding verkry word, ons karakters bou. Deur ons lyding te trotseer en daardéúr te leef, word ons sterker. Ons ontwikkel vaste oortuigings en ons word aan ons eie krag herinner. Mense wat lyding verduur het, kan makliker weerstand bied om nie deur die menings van ander mense beïnvloed te word nie. Hulle kan tydens morele konflik en versoekings volhard omdat hulle deur die stryd volhard het. Dit is 'n kosbare geskenk wat elkeen van ons ontvang terwyl ons lewensstorms ervaar.

Laastens word ons verseker dat karakter hoop voortbring. Ons het hoop vir die toekoms en vir elke dag, want ons weet dat God ons beskerm. Paulus verseker ons dat die hoop nie beskaam nie.

Al ons lyding bring uiteindelik 'n hoop voort wat elke dag in Jesus vervul word.

Daar is vir ons niks beter om in te roem nie!

Gebed: Liefdevolle Vader, dankie dat U my lyding gebruik het om my meer soos u Seun te maak. Help my om te volhard, in my karakter te groei en hoop in U te vind. Skenk aan my geloof dat U my deur my beproewings tot ʼn beter mens sal laat groei. Dankie vir u genade wanneer ek misluk. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Finding God's Truth In The Storms Of Life

As Christene is ons nie gevrywaar van probleme op aarde nie. Inteendeel, Johannes 16:33 verseker ons dat probleme sal opduik. Indien jy tans lewensstorms trotseer, is hierdie leesplan vir jou bedoel. Dit is 'n herinnering aan die hoop wat ons deur die lewensstorms dra. Indien jy tans nie enige stryd ervaar nie, sal dit die fondament vestig wat jou sal help tydens toekomstige beproewinge.

More

Ons wil graag vir Vernon Brewer, stigter en hoof uitvoerende beampte van World Help, wat hierdie leesplan verskaf het, bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.worldhelp.net