Om die Waarheid van God in Lewensstorms te VindVoorbeeld

Finding God's Truth In The Storms Of Life

DAG 7 VAN 10

Geleerde Lesse

Tim Keller sê in sy boek Walking with God through Pain and Suffering: "Voordat Jesus nie al is wat jy het nie, weet jy nie dat Jesus al is wat jy nodig het nie."  

Terwyl ons mense regoor die wêreld bedien het, het ons hierdie waarheid al telkemale by World Help gesien. Toe die administrateurs van 'n kinderhuis in Nepal sien hoe hul bediening in puin gelê is deur 'n aardbewing, het hulle die enigste ding gedoen wat hulle kon doen — hulle het na Jesus gedraai. Toe 'n weduwee in Rwanda gesukkel het om vir haar kinders kos op die tafel te sit, was haar eerste instink om te bid. Ons het verskeie getuienisse gehoor van mense wat deur beproewings in die arms van God gedryf is.

Lyding wys vir ons die belangrikheid van ons geloof. Dit plaas ons op 'n plek waar ons nie op onsself kan staatmaak nie. In 2 Korintiërs 4 word ons daaraan herinner dat ons gees sterker word wanneer die dinge ons faal waarop ons normaalweg staatmaak. Ons kom nader aan die ware Kragbron en ons leer om ons oë op Hom te vestig.

Dit is dus belangrik dat ons vashou aan die lesse wat ons leer wanneer ons deur beproewings en lyding gaan.

Die enigste manier waarop ons pyn vermors kan wees, is deur dit te vergeet en om die kosbare insigte agter te laat wat ons deur die beproewings verkry het.

Jy kan 'n fisieke monument in jou lewe skep om tydens jou beproewings die getrouheid van God te onthou. Verskeie standbeelde, boeke en liedjies is al vir hierdie doel geskep. Jou monument hoef egter nie visueel indrukwekkend te wees nie. Die Israeliete het stapels klippe gebruik om hulle aan God se voorsiening te herinner en om hulle kinders daaraan te herinner. Wat jou ook al sal herinner, is perfek.

Wees verseker dat Jesus al is wat ons nodig het. Wanneer die wêreld om ons chaoties en onbetroubaar lyk, het ons 'n vaste hoop. Kom ons verheug ons vandag daaroor!

Gebed: Liefdevolle Vader, ek weet dat my lyding my nader aan U trek. Help my om te groei in my geloof wanneer ek beproewinge in hierdie lewe ondervind en lesse daaruit te leer. Help my asseblief om daardie lesse te onthou, selfs wanneer my omstandighede verbeter. Dankie vir u geduld met my terwyl U aanhou om my te vorm tot die mens wat U wil hê ek moet wees. Amen.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Finding God's Truth In The Storms Of Life

As Christene is ons nie gevrywaar van probleme op aarde nie. Inteendeel, Johannes 16:33 verseker ons dat probleme sal opduik. Indien jy tans lewensstorms trotseer, is hierdie leesplan vir jou bedoel. Dit is 'n herinnering aan die hoop wat ons deur die lewensstorms dra. Indien jy tans nie enige stryd ervaar nie, sal dit die fondament vestig wat jou sal help tydens toekomstige beproewinge.

More

Ons wil graag vir Vernon Brewer, stigter en hoof uitvoerende beampte van World Help, wat hierdie leesplan verskaf het, bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.worldhelp.net