Om die Waarheid van God in Lewensstorms te VindVoorbeeld

Finding God's Truth In The Storms Of Life

DAG 1 VAN 10

Die Werklikheid van Beproewings

Indien jy te jonk is om motorfone en daardie 8-snit kassetspelers te onthou, sal jy dalk ook nie weet wie Keith Green is nie. Die woorde van sy liedjie "Trials Turned to Gold", is egter nog net so van toepassing soos toe hy die liedjie in 1977 vrygestel het. Vrylik vertaal het dit die volgende gesê:

Die uitsig van hier af is niks in vergelyking met wat dit vir U is nie. Ek het probeer om U plan vir my te sien, maar ek het net voorgegee dat ek weet. O Heer, vergewe my vir die kere wat ek U gedagtes wou peil, want U het gesê as ek stil is, sal ek u stem hoor.

Baie van ons kom daagliks voor werklik moeilike beproewings te staan. Om 'n Christen te wees, vrywaar ons nie van probleme nie. Die wete dat ons Verlosser by ons is en dat Hy weet wat die toekoms vir ons inhou, is gerusstellend om verskeie redes. Dit verseker ons dat ons nie alleen ons beproewings hoef te trotseer nie. Dit gee ook aan ons 'n duideliker perspektief van ons probleme — die wete dat ons beproewings nie net 'n groter doel vir óns nie, maar ook in die wêreld het.

Jakobus 1:2-4 herinner ons aan hierdie doel wanneer Jakobus die skynbaar onredelike opdrag aan ons gee om bly te wees wanneer allerlei beproewings oor ons kom.

Is jy bly oor beproewings? Dit klink bykans onmoontlik! Wanneer ons egter daarna vanuit God se perspektief kyk, maak dit sin. Ons beproewings bring ons nader aan Hom en laat ons niks kortkom nie.

Waarskynlik wil ons nie probleme in ons lewens ervaar nie, en ons mag dit dalk nie dadelik as voordelig of noodsaaklik beskou nie. Nietemin, ons het nie God se perspektief nie. Of soos Keith Green dit stel: "Die uitsig van hier af is niks in vergelyking met wat dit vir God is nie."

Selfs wanneer dit voel of ons wêreld wankel, sal ons nie uit God se hande of sy plan geruk word nie.

Gebed: Liefdevolle Vader, dankie vir die hoop wat ek selfs tydens beproewings in U kan hê. Help my asseblief om vanuit u perspektief te kyk wanneer ek probleme in die lewe ervaar. Ek vertrou U om selfs deur my probleme goeie dinge te laat gebeur. Dankie dat ek altyd my vertroue in U kan stel — selfs wanneer dit voel of my wêreld wankel. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Finding God's Truth In The Storms Of Life

As Christene is ons nie gevrywaar van probleme op aarde nie. Inteendeel, Johannes 16:33 verseker ons dat probleme sal opduik. Indien jy tans lewensstorms trotseer, is hierdie leesplan vir jou bedoel. Dit is 'n herinnering aan die hoop wat ons deur die lewensstorms dra. Indien jy tans nie enige stryd ervaar nie, sal dit die fondament vestig wat jou sal help tydens toekomstige beproewinge.

More

Ons wil graag vir Vernon Brewer, stigter en hoof uitvoerende beampte van World Help, wat hierdie leesplan verskaf het, bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.worldhelp.net