Om die Waarheid van God in Lewensstorms te VindVoorbeeld

Finding God's Truth In The Storms Of Life

DAG 6 VAN 10

Kyk Verby Ons Beproewings

Wanneer ons deur storms gaan, begin ons wêreld dikwels net om onsself draai. Ons fokus baie vinnig net op ons eie probleme. Soms is dit 'n oorlewingsmeganisme — ons moet daarop fokus om na onsself om te sien en die uitdagings te oorkom. Soms veroorsaak daardie einste instink, om na binne te kyk, egter ​​dat ons seerkry.

Ons instink sê vir ons om onsself op te pas, want niemand anders sal nie en in ons oomblikke van swakheid is dit maklik om daardie leuen te glo. Jesaja 58:10-11 skets egter 'n ander prentjie. Dit sê vir ons dat God ons behoeftes sal bevredig as ons daarop fokus om dié te dien wat honger en verdruk is. Dit wys ook aan ons die skoonheid daarvan om verby ons eie belange te kyk en eerder ander te seën.

Hierdie pragtige gedeelte wys vir ons dat dit 'n geskenk is om ander lief te hê! Wanneer ons deur lyding gaan, is ons besonder ontvanklik vir hierdie geskenk.

Ander mense het ons liefde die nodigste wanneer hulle swaarkry. Ons, daarenteen, is veral in staat om die lyding van ander te verstaan wanneer ons deur ons eie beproewings gaan. Selfs al is hul beproewings nie dieselfde as ons s'n nie, kan ons die pyn verstaan waardeur hulle gaan ​​— selfs al is dit tot 'n mindere mate.

Begrip help ons om ander beter lief te hê! In plaas daarvan om heeltyd op onsself te fokus, kan ons om ons kyk vir geleenthede om ander te seën.

Deur ons oë op God te hou en te fokus op die behoeftes van ander in plaas van ons eie, kry ons 'n nuwe perspektief. Ons verruil die pyn en swakheid van ons eie probleme vir die vreugde en oorwinning daarvan om ander te help. In die proses groei ons ook nader aan God.

Gebed: Liefdevolle Vader, skenk asseblief aan my oë sodat ek diegene om my wat hulp nodig het, duidelik kan raaksien. Wys my wat U wil hê ek moet doen om andere in soortgelyke situasies te help, te midde van my eie beproewings. Dankie dat U aan my die vermoë gegee het om die seën te ervaar om ander te dien, selfs wanneer my eie lewe moeilik is. Amen.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Finding God's Truth In The Storms Of Life

As Christene is ons nie gevrywaar van probleme op aarde nie. Inteendeel, Johannes 16:33 verseker ons dat probleme sal opduik. Indien jy tans lewensstorms trotseer, is hierdie leesplan vir jou bedoel. Dit is 'n herinnering aan die hoop wat ons deur die lewensstorms dra. Indien jy tans nie enige stryd ervaar nie, sal dit die fondament vestig wat jou sal help tydens toekomstige beproewinge.

More

Ons wil graag vir Vernon Brewer, stigter en hoof uitvoerende beampte van World Help, wat hierdie leesplan verskaf het, bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.worldhelp.net