Om die Waarheid van God in Lewensstorms te VindVoorbeeld

Finding God's Truth In The Storms Of Life

DAG 8 VAN 10

Die Gawe van Deernis

As iemand ooit die reg gehad het om ongelukkig te wees, was dit Helen Keller. Sy was blind en doof en haar gestremdhede het veroorsaak dat sy glad nie in staat was om die wêreld te ervaar soos die meeste van ons dit doen nie. Almal óm haar het vermoëns gehad wat by haar ontbreek het. Sy het egter vasberadenheid gehad en selfs iets meer waardevol — deernis.

"Wanneer jy op jou ongelukkigste is, glo dat daar iets vir jou is om in die wêreld te doen" het sy gesê. "Indien jy 'n ander se pyn kan verlig, is die lewe nie tevergeefs nie."

As volwassene het Helen baie van haar tyd daaraan gewy om hospitale te besoek vir soldate wat deur oorlog blind of doof gelaat is. Sy het gegaan om aan hulle hoop te gee en te wys dat hulle produktiewe lewens kon lei ná hul beserings. Sy het hulle ook aangemoedig om nie moed te verloor vir hulle toekoms nie. Haar gestremdhede het haar die kans gegee om hierdie mense te help wat 'n ongelooflike stryd in die gesig gestaar het.

Sien dit vanuit Helen se perspektief. Sy kon maklik gesê het: "Ek is doof en blind, en hierdie mans is net blind. Ek het baie groter probleme as hulle." Sy kon gekies het om kwaad en verbitterd te wees of om op haar eie stryd gefokus te wees. In plaas daarvan het sy egter verkies om haar omstandighede te gebruik om aan diegene om haar deernis te betoon.

Dit is baie moeilik om afstand te doen van ons "reg" om deur ons pyn verswelg te word en te kies om deernis vir ander te hê. Wanneer ons egter self swaarkry, het ons 'n groter vermoë om empatie met ander te hê.

In plaas daarvan om probleme te vergelyk of te beoordeel wie die slegste daaraan toe is, kan ons kies om 'n seën te wees.

Gebed: Liefdevolle Vader, dankie vir die gawe van deernis. Ek weet dat, wanneer ek deur storms in my lewe gaan, ek beter daartoe in staat is om deernis met ander te hê. Help my om krag daaruit te put en dit te gebruik om diegene om my te seën. Amen.

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Finding God's Truth In The Storms Of Life

As Christene is ons nie gevrywaar van probleme op aarde nie. Inteendeel, Johannes 16:33 verseker ons dat probleme sal opduik. Indien jy tans lewensstorms trotseer, is hierdie leesplan vir jou bedoel. Dit is 'n herinnering aan die hoop wat ons deur die lewensstorms dra. Indien jy tans nie enige stryd ervaar nie, sal dit die fondament vestig wat jou sal help tydens toekomstige beproewinge.

More

Ons wil graag vir Vernon Brewer, stigter en hoof uitvoerende beampte van World Help, wat hierdie leesplan verskaf het, bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.worldhelp.net