Om die Waarheid van God in Lewensstorms te VindVoorbeeld

Finding God's Truth In The Storms Of Life

DAG 2 VAN 10

Die Stryd van Emosies

Het jy al ooit gevoel asof jou gees geknak is? Soms gaan alles voorspoedig en wanneer dit dan uitmekaar val, is dit maklik om te voel asof daar geen sin daarin is om jou lewe weer te probeer herstel nie. Hartseer, woede, wanhoop en vrees is wesenlike emosies wat selfs die sterkste Christene gedurende uitdagende tye ervaar. Kyk maar na Dawid of ander geloofshelde.

Ons kan dikwels bang wees om emosies soos hierdie te erken. Wanneer ons beproewings trotseer, is dit egter belangrik om al ons emosies te hanteer — veral die negatiewe emosies. Wanneer ons na ons woede en hartseer kyk deur die lig van God se waarheid, kan ons vertroosting vind in plaas daarvan om in ontkenning te leef.

Wanneer ons hartseer is, kan ons vreugde vind in die waarheid van Psalm 34:19: "Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses." Wanneer ons kwaad is, kan ons vrede vind in die belofte van Jesaja 54:10: "... my liefde vir jou sal nooit verdwyn nie, my vredeverbond met jou sal nooit wankel nie ..." Wanneer dit voel asof ons deur wanhoop oorweldig word, kan ons hoop vind in Psalm 55:23: "Laat jou sorge aan die Here oor, Hy sal vir jou sorg. Hy sal die regverdige nie in die steek laat nie." Wanneer ons in die versoeking kom om toe te gee aan ons vrese, kan ons krag vind in Psalm 18:3: "Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting."

Die Woord van God bevat so baie beloftes, maar een wat Hy herhalend aanbied, is troos. Hy verstaan ons stryd met ons eie emosies en Hy het medelye met ons.

God wil hê ons moet ons laste aan Hom oorgee en, wanneer ons emosies te veel raak vir ons om alleen te hanteer, in geloof op Hom vertrou.

Wanneer dit voel of ons gees geknak is, verseker God ons dat Hy steeds genoeg is.

Die volgende keer as jy in die versoeking kom om jou emosies te ontken of om dit alleen te hanteer, gee dit liewer oor aan God. Hy sal aan jou hoop skenk wat groter is as enige emosionele stryd wat jy ervaar.

Gebed: Liefdevolle Vader, dankie vir die versekering van u liefde vir ons wat U in die Skrif aan ons gee. Ek weet U is altyd sterker as enige probleem wat ek in die gesig staar. Help my om enige emosionele stryd aan U oor te gee. Dankie vir die vertroosting wat U verskaf wanneer ek dit die nodigste het. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Finding God's Truth In The Storms Of Life

As Christene is ons nie gevrywaar van probleme op aarde nie. Inteendeel, Johannes 16:33 verseker ons dat probleme sal opduik. Indien jy tans lewensstorms trotseer, is hierdie leesplan vir jou bedoel. Dit is 'n herinnering aan die hoop wat ons deur die lewensstorms dra. Indien jy tans nie enige stryd ervaar nie, sal dit die fondament vestig wat jou sal help tydens toekomstige beproewinge.

More

Ons wil graag vir Vernon Brewer, stigter en hoof uitvoerende beampte van World Help, wat hierdie leesplan verskaf het, bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.worldhelp.net