Die Ou Kruis en Die Nuwe KruisVoorbeeld

Die Ou Kruis en Die Nuwe Kruis

DAG 14 VAN 14

Die kruis is nie ‘n wen-wen ooreenkoms nie

Markus 8:34-37 - Jesus het toe die menigte mense saam met sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe vir homself wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe vir My en die evangelie verloor, sal dit behou. Wat help dit ’n mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor? Wat sal ’n mens kan gee in ruil vir sy lewe? "

Ons taak is nie om diplomate te wees nie, maar profete — nie om wen-wen situasies te beding en kompromis-voorstelle uit te werk nie — maar om die konsekwensies van “kruis-vermyding” duidelik uit te spel. Ons taak is nie om die Boek oor te skryf of so te interpreteer dat mense nie aanstoot sal neem nie, maar slegs om dit te verkondig.

In die lewe van die kind van God, is daar nie ruimte vir kompromieë nie. Kompromielose navolging van Jesus is die weg tot persoonlike herlewing — tot die lewe in oorvloed wat Jesus in Johannes 10:10 beloof het. Dis die weg tot ’n lewe wat sal vrug dra wat sal bly.

Hierdie is nie maar ’n verkrampte, eng en eensydige siening en begrip van die Skrif en die kruis nie. Daar is nie ’n ander pad nie — nie as ons aan die Skrif getrou wil wees en geestelike, blywende en ewige vrug op ons werk wil sien nie.

Die Nuwe Kruis daarenteen lei altyd na ‘n lewe sonder vrug en ken nie die krag van die Heilige Gees nie. Dit lei tot gelykvormigheid aan die wêreld, kompromieë, geestelike doodsheid, ‘n skyn van godsdiens en nooit tot gelykvormigheid aan Christus nie.

Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Die Ou Kruis en Die Nuwe Kruis

Die kruis is die middelpunt van die evangelie van Jesus Christus. Sonder die kruis is daar geen evangelie nie. Daar is vandag 'n toenemend verengde begrip van die kruis. Daar word vandag egter ook 'n Nuwe Kruis gepreek, maar dit is nie dieselfde as die Ou Kruis, die kruis-boodskap van Golgota nie.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com