Die Ou Kruis en Die Nuwe KruisVoorbeeld

Die Ou Kruis en Die Nuwe Kruis

DAG 8 VAN 14

Die kruis en die opstanding

Filippense 3:10-11 - Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood.

Handelinge 4:33 - Die apostels het kragdadig getuig dat die Here Jesus uit die dood opgestaan het.

Jesus se opstanding uit die dood, bevestig die geldigheid, die krag en die waarheid van Jesus se aansprake oor sy dood, sowel as die boodskap van die kruis. Die Vader het sy Seun geneem en Hom gekruisig, want daar was nie ’n ander manier om die mensdom te verlos nie. Die Romeinse kruis (waaraan Jesus gesterf het), het sy fisieke dood bewerk. Daarmee wou Jesus vir ons illustreer dat ons geestelik dood is in sonde (Efesiërs 2:1).

Jesus het liggaamlik gesterf, maar ook liggaamlik uit die dood opgestaan. Daarmee het Hy ons vrygemaak van ‘n geestelike dood en die angel van die dood vernietig. Uit sy dood en opstanding het Hy vir ons geestelike lewe voortgebring. Meer as net 'n geestelike lewe het Hy vir ons ook die ewige lewe aan die kruis bewerkstellig.

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Die Ou Kruis en Die Nuwe Kruis

Die kruis is die middelpunt van die evangelie van Jesus Christus. Sonder die kruis is daar geen evangelie nie. Daar is vandag 'n toenemend verengde begrip van die kruis. Daar word vandag egter ook 'n Nuwe Kruis gepreek, maar dit is nie dieselfde as die Ou Kruis, die kruis-boodskap van Golgota nie.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com