Die Ou Kruis en Die Nuwe KruisVoorbeeld

Die Ou Kruis en Die Nuwe Kruis

DAG 1 VAN 14

Die kruis is die middelpunt van die geskiedenis van die mensdom

Kolossense 1:20 – Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen.

In die middel van tyd en ewigheid staan daar ’n houtkruis op ’n heuwel geplant. Om hierdie houtkruis sentreer die geskiedenis van die ganse mensdom. Die houtkruis waaraan Jesus as gekruisigde gehang het, het die hele verloop van die geskiedenis van die mensdom verander. Daardie stuk hout, bevlek met bloed, het die fokuspunt van die geskiedenis geword. Die wêreld sal deur God geoordeel word op grond van wat hulle gemaak het met die kruis en met die Een wat aan die kruis gehang het.

Hierdie kruis is vir sommige ’n struikelblok, vir ander ’n skande en ’n verleentheid en vir nog ander ’n twispunt. Vir miljoene is hierdie kruis egter die begin van nuwe lewe, die begin van die ewigheid, die weg tot God, die sekerheid dat hulle sonde vergewe is omdat hulle Hom glo en in Hom glo.

Wat het mense nie alles met hierdie stuk hout gedoen nie! Sommige het begin om die kruis self te aanbid in plaas van die gekruisigde. Ander het oorloë in die naam van die kruis begin sonder ’n opdrag van die gekruisigde. Sommige dra kruisies van goud of hout om die nek omdat hulle die gekruisigde aanbid en lief het. Ander verbrand die kruis, breek dit, vervloek dit, onteer en verag dit omdat hulle die gekruisigde haat.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Die Ou Kruis en Die Nuwe Kruis

Die kruis is die middelpunt van die evangelie van Jesus Christus. Sonder die kruis is daar geen evangelie nie. Daar is vandag 'n toenemend verengde begrip van die kruis. Daar word vandag egter ook 'n Nuwe Kruis gepreek, maar dit is nie dieselfde as die Ou Kruis, die kruis-boodskap van Golgota nie.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com