Die Ou Kruis en Die Nuwe KruisVoorbeeld
Die kruis bring lewe
Jesaja 53:5 - Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom.
Sy lewe is nie weggeneem omdat Hy die samelewing skade berokken het nie. Sy kruisdood was die voltooiing van ’n lewe van goeddoen — waar Hy kom preek het oor die koninkryk van God en die uitvoering van die opdrag waarvoor Hy aarde toe gekom het: om sondaars tot bekering te roep (Lukas 5:31-32). Reeds van die begin van sy openbare bediening, was Hy doelgerig op pad na Jerusalem om gekruisig te word, want juis daarvoor het Hy gekom. Dit sou die voltooiing van sy aardse werk wees.
Vir die Jode was die kruis ’n teken van God se vervloeking. Die kruishout was ’n vloekhout, ’n skandhout. Die mees veragtelike en verwerplike dood vir ’n Jood was om aan ’n kruis te sterf. Dit was ’n teken van God se vloek, sy oordeel en om vir ewig van God vervreem te wees. Jesus het aan daardie vloekhout gesterf om die vloek van óns sonde te dra en ’n einde te maak aan óns vervreemding van God, nie omdat Hy verdien het om daar te sterf nie, maar ter wille van ons redding.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die kruis is die middelpunt van die evangelie van Jesus Christus. Sonder die kruis is daar geen evangelie nie. Daar is vandag 'n toenemend verengde begrip van die kruis. Daar word vandag egter ook 'n Nuwe Kruis gepreek, maar dit is nie dieselfde as die Ou Kruis, die kruis-boodskap van Golgota nie.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com