Die Ou Kruis en Die Nuwe KruisVoorbeeld

Die Ou Kruis en Die Nuwe Kruis

DAG 5 VAN 14

Die doel en betekenis van ’n kruisiging

Matteus 27:24 - Toe Pilatus sien dit help niks nie en dat daar eerder ’n oproer kom, het hy water gevat en voor die skare sy hande gewas en gesê: “Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie man. Dit is julle verantwoordelikheid.”

Galasiërs 3:13 - Christus het ons losgekoop van die vloek wat die wet meebring, deur in ons plek ’n vervloekte te word. Daar staan naamlik geskrywe: “Vervloek is elkeen wat aan ’n hout opgehang is.”

In die tyd wat Jesus gelewe het, was dit die Romeine se gebruik om misdadigers en vyande van die staat te kruisig. Jesus Christus, hoewel Hy geen misdadiger of vyand van die Romeinse staat was nie, het ook aan ’n kruis gesterf. Duisende het gedurende sy leeftyd aan ’n kruis gesterf, die meeste omdat hulle misdadigers en moordenaars was of omdat hulle vyande van die Romeinse Ryk was. Wanneer iemand gekruisig word, bring dit sy lewe brutaal tot ’n einde en is dit die einde van sy misdaad of opstandigheid.

Op die een of ander wyse was almal van hulle skuldig voor die regbank en daarom moes hulle sterf. Jesus is deur die Romeinse regbank onskuldig bevind (Matteus 27:24) en daarna oorgegee om gekruisig te word.

Jesus het gesterf, maar nie as misdadiger nie. Hy het juis in die plek van mense gesterf wat in opstand teen God geleef het.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Die Ou Kruis en Die Nuwe Kruis

Die kruis is die middelpunt van die evangelie van Jesus Christus. Sonder die kruis is daar geen evangelie nie. Daar is vandag 'n toenemend verengde begrip van die kruis. Daar word vandag egter ook 'n Nuwe Kruis gepreek, maar dit is nie dieselfde as die Ou Kruis, die kruis-boodskap van Golgota nie.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com