Die Ou Kruis en Die Nuwe KruisVoorbeeld

Die Ou Kruis en Die Nuwe Kruis

DAG 7 VAN 14

Die kruis vernietig die skuldbewys teen ons

Kolossense 2:14-15 – Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem.

Dit is ’n eenvoudige, praktiese daad en simboliese handeling dat selfs ’n kind dit kan verstaan, en tog is dit terselfdertyd so omvattend dat selfs ons diepste teologiese besinnings oor die kruis nie die omvang daarvan kan deurgrond nie.

Die dood van Jesus aan die kruis was ’n plaasvervangende offer. Sonder die gekruisigde, Jesus Christus, is daar geen betekenis aan die kruis nie. Sonder Jesus is die kruis net ’n stuk hout. Die betekenis van die kruis is in die persoon van Jesus Christus — wie Hy is en wat Hy kom doen het.

Die betekenis van die kruis lê in wat saamgevat is in wat aan die kruis gebeur het. Aan die kruis verkondig God die Vader dat Hy bereid is om tot die uiterste te gaan om mense wat Hy geskep het met Homself te versoen en hulle in hul posisie as verteenwoordigers van God te herstel.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Die Ou Kruis en Die Nuwe Kruis

Die kruis is die middelpunt van die evangelie van Jesus Christus. Sonder die kruis is daar geen evangelie nie. Daar is vandag 'n toenemend verengde begrip van die kruis. Daar word vandag egter ook 'n Nuwe Kruis gepreek, maar dit is nie dieselfde as die Ou Kruis, die kruis-boodskap van Golgota nie.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com