Die Ou Kruis en Die Nuwe KruisVoorbeeld

Die Ou Kruis en Die Nuwe Kruis

DAG 10 VAN 14

Die Nuwe Kruis: “Ons hoef nie ‘n kruis te dra nie.”

Lukas 9:23-24 - Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg, want elkeen wat sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit behou.

Die Nuwe Kruis vra ons nie om ons kruis op te neem en Jesus te volg nie, want Jesus het klaar die kruis gedra, daarom hoef óns dit nie te dra nie. Ongeag van dit wat Jesus gesê het.

Die Nuwe Kruis wil nie die sondaar doodmaak nie, maar hom net in ’n ander rigting stuur, en hom op ’n sogenaamde hoër geestelike vlak bring – nie dat iemand weet wat daardie “hoër vlak” is nie! Die Nuwe Kruis wil niks verander aan die eie ek wat steeds op die troon wil en mag sit nie.

Die Nuwe Kruis fokus op ooreenkomste met die wêreld en wat ons alles mág doen. Die Nuwe Kruis wil ons vernuwe, maar op so ’n manier dat ons steeds in die wêreld sal inpas en nie aanstoot sal gee nie. Dit wil ons daarop wys dat die evangelie geen moeilike, radikale of ongewilde eise stel nie. Die Nuwe Kruis wil ons help om ons selfrespek en ons menseregte te behou en nie aanstoot te gee nie.

Met ’n Nuwe Kruis om my nek kan ek steeds populêr wees — ongeag my doen en late. Die Nuwe Kruis het plesier, selfverwesenliking, werksbevrediging en sukses as kern en wil dit met die evangelie versoen. Die Nuwe Kruis is dikwels opreg en ernstig in sy poging om die betekenis van die kruis te verstaan, maar dit is vals en onbybels, want die vertrekpunt is nie die eer en heerlikheid van God nie, maar die behoud van die self.

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Die Ou Kruis en Die Nuwe Kruis

Die kruis is die middelpunt van die evangelie van Jesus Christus. Sonder die kruis is daar geen evangelie nie. Daar is vandag 'n toenemend verengde begrip van die kruis. Daar word vandag egter ook 'n Nuwe Kruis gepreek, maar dit is nie dieselfde as die Ou Kruis, die kruis-boodskap van Golgota nie.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com