Die Ou Kruis en Die Nuwe KruisVoorbeeld

Die Ou Kruis en Die Nuwe Kruis

DAG 11 VAN 14

Golgota-kruise het net een doel

Handelinge 2:23 – God het besluit om vooruit te bepaal om Hom aan julle uit te lewer, en julle het Hom deur heidene aan die kruis laat spyker en Hom doodgemaak.

Golgota se kruis is ’n simbool van die dood. Dit staan vir die radikale en gewelddadige dood van elke mens. Wanneer jy 2 000 jaar gelede in die Romeinse tyd iemand met ’n kruis op sy skouers straataf sien loop het, het hy nooit weer teruggekom nie. Dit was die einde van daardie persoon — die persoon het nie maar net van koers verander nie. Die doel van ‘n kruising was om mense wreed en genadeloos dood te maak.

Daar rus ’n doodsvonnis en ’n vloek op die mensdom wat uit Adam gebore is. God wil nie mense op ’n hoër vlak bring nie — die ou natuur kan nie maar net verbeter word nie. Die ou mens moet sterf en ’n nuwe natuur moet ontvang word. Die ou lewe moet gekruisig en begrawe word — nuwe goddelike lewe moet opgewek word. God maak nie kompromieë met sonde en die sondige natuur nie.

God wil die sondige natuur nie verbeter nie. Daar moet ’n kruisiging plaasvind. Die doel van die kruisiging is die dood.

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Die Ou Kruis en Die Nuwe Kruis

Die kruis is die middelpunt van die evangelie van Jesus Christus. Sonder die kruis is daar geen evangelie nie. Daar is vandag 'n toenemend verengde begrip van die kruis. Daar word vandag egter ook 'n Nuwe Kruis gepreek, maar dit is nie dieselfde as die Ou Kruis, die kruis-boodskap van Golgota nie.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com