Die Ou Kruis en Die Nuwe KruisVoorbeeld

Die Ou Kruis en Die Nuwe Kruis

DAG 12 VAN 14

Dit is nie meer ek wat lewe nie

Galasiërs 2:20 - En nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God

Die Romeinse kruis was ’n skande. Dit was radikaal, weersinwekkend en genadeloos wreed. Golgota se kruis stel radikale en menslik onmoontlike eise. Golgota-kruise is onpopulêr want dit kanselleer alle regte, dit gee aanstoot en het geen ruimte vir die ou Adam nie.

Uit Golgota se kruis gee God lewe, nuwe lewe, lewe uit die dood, opstandingslewe, goddelike lewe – nie verbeterde, opgewarmde, gemodifiseerde en aangepaste lewe nie.

Die een wat na God toe kom om hierdie lewe te ontvang, moet kom en sy sonde bely, erken dat daar niks goeds in hom woon nie, dat hy ’n gebroke sondaar is en dat dit nodig is om nuut gemaak te word. Hy moet sy sonde bely en dit laat staan. Hy moet sy regte, wil, ambisies, planne en toekoms prysgee en sterf aan sy voorkeure, afkeure en aan homself. Hy moet niks toesmeer of verberg nie, niks verdedig, niks ontken, niks terughou en niks eis of enige verskonings aanbied nie.

Hy moet kom om te sterf en in eenvoudige geloof sy vertroue in Christus stel. God sal so ’n persoon nuwe lewe gee — die ewige lewe.

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Die Ou Kruis en Die Nuwe Kruis

Die kruis is die middelpunt van die evangelie van Jesus Christus. Sonder die kruis is daar geen evangelie nie. Daar is vandag 'n toenemend verengde begrip van die kruis. Daar word vandag egter ook 'n Nuwe Kruis gepreek, maar dit is nie dieselfde as die Ou Kruis, die kruis-boodskap van Golgota nie.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com