Die Ou Kruis en Die Nuwe KruisVoorbeeld

Die Ou Kruis en Die Nuwe Kruis

DAG 9 VAN 14

Die Nuwe Kruis in teenstelling met Golgota se kruis

Markus 8:34-35 - As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe vir homself wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe vir My en die evangelie verloor, sal dit behou.

Vir die moderne mens is daar ’n moderne teologie met ’n moderne kruis. Die Nuwe Kruis is ’n filosofiese beginsel, maar dit raak nie die praktyk van ons lewe nie. Die Nuwe Kruis kan deur enige iemand as hangertjie om die nek gedra word — ‘n kruisie van goud of silwer en selfs enetjie van hout.

Die nuwe kruis het sy eie teologie. Baie van die konsepte is dieselfde as Golgota se kruis beskryf. A. W. Tozer sê dit is egter ‘n nuwe soort evangelie. Daar word oor die kruis gepraat, maar daar word iets anders bedoel as voorheen.

Die Nuwe Kruis het ’n nuwe benadering. Dit maak my nie vry van sonde nie, dit maak my wel vry om te doen wat ek wil en lei tot “wettige losbandigheid”, wat nie in die Skrif is nie. Die Nuwe Kruis is ’n “goeie vriend”, dit bring nuwe hoop vir die ou Adam. Die Nuwe Kruis stel nie eise aan ons nie.

Die Nuwe Kruis bring ’n nuwe, moderne evangelie wat ons leer dat die Kruis geen onaangename eise aan ons stel nie. Dit vra ons nie om aan onsself te sterf nie, maar eerder om onsself te realiseer, onsself te ontdek en die self te beskerm. Dit is diep in humanisme geanker.

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Die Ou Kruis en Die Nuwe Kruis

Die kruis is die middelpunt van die evangelie van Jesus Christus. Sonder die kruis is daar geen evangelie nie. Daar is vandag 'n toenemend verengde begrip van die kruis. Daar word vandag egter ook 'n Nuwe Kruis gepreek, maar dit is nie dieselfde as die Ou Kruis, die kruis-boodskap van Golgota nie.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com