Die Ou Kruis en Die Nuwe KruisVoorbeeld

Die Ou Kruis en Die Nuwe Kruis

DAG 13 VAN 14

Die ware kruis lei altyd tot die troon, tot by die Vader

Galasiërs 6:14 – Maar wat my betref, mag God verhoed dat ek ooit oor iets anders roem as oor die kruis van ons Here Jesus Christus.

Filippense 2:8-11 - Hy het Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig, en elke tong sou erken: “Jesus Christus is Here!” tot eer van God die Vader.

Golgota-kruise spaar niemand nie, maak geen kompromieë nie, modifiseer niks nie – dit bring alles tot ’n einde. Die evangelie van Jesus Christus loop nie op ’n ander, maar ‘n parallelle spoor met die wêreld nie. Nee, die kruis beweeg 180 grade in die teenoorgestelde rigting.

Wanneer ons na Christus kom, bring ons nie die ou lewe op na ’n ander, hoër, meer etiese vlak nie — nee, ons kom spyker daardie ou lewe aan die kruis vas en los dit by die kruis. Die koringkorrel moet in die grond val en sterf want daarsonder is daar geen lewe en geen vrug nie.

Golgota se kruis poog nie om die evangelie aanvaarbaar of gebruikersvriendelik te maak vir die moderne mens en die moderne samelewing nie. As dissipels van die gekruisigde is ons nie geroep om die evangelie aanvaarbaar te maak vir die media, die opvoedkundiges, die sportwêreld, sakemanne en -vroue, regeringsleiers of mense van ander godsdienste nie.

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Die Ou Kruis en Die Nuwe Kruis

Die kruis is die middelpunt van die evangelie van Jesus Christus. Sonder die kruis is daar geen evangelie nie. Daar is vandag 'n toenemend verengde begrip van die kruis. Daar word vandag egter ook 'n Nuwe Kruis gepreek, maar dit is nie dieselfde as die Ou Kruis, die kruis-boodskap van Golgota nie.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com