Die Ou Kruis en Die Nuwe KruisVoorbeeld
Die kruis is die vertrekpunt
1 Korintiërs 2:2 – Ek het my voorgeneem om met julle oor niks anders te praat nie as oor Jesus as die Christus, en wel oor Hom as die gekruisigde.
Wanneer die kruis en die feit dat Jesus aan die kruis die volle prys vir ons sonde betaal het, en deur sy opstanding ín ons wil lewe as die Weg, die Waarheid en die Lewe nie verstaan word nie, verbrokkel mense se lewens, verval gemeenskappe in anargie en geweld, gee mense hulle aan wellus oor, gryp hulle na mag en versamel hulle rykdom om sin en betekenis in die lewe te probeer vind.
Wanneer die kruis en die gekruisigde wel in fokus kom en mense voor die gekruisigde buig, begin hulle tot bedaring kom en kom daar vrede.
Die toekoms is gebaseer op die kruis as vertrekpunt. Dit is wanneer die kerk, volkere, regerings en die mensdom van die kruis af wegbeweeg, dat hulle in allerlei doodloopstrate beland. Die gevolg is altyd anargie en wanhoop.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die kruis is die middelpunt van die evangelie van Jesus Christus. Sonder die kruis is daar geen evangelie nie. Daar is vandag 'n toenemend verengde begrip van die kruis. Daar word vandag egter ook 'n Nuwe Kruis gepreek, maar dit is nie dieselfde as die Ou Kruis, die kruis-boodskap van Golgota nie.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com