Die Ou Kruis en Die Nuwe KruisVoorbeeld

Die Ou Kruis en Die Nuwe Kruis

DAG 3 VAN 14

Die “onsinnigheid” van die kruis

1 Korintiërs 1:18 – Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God.

Die gekruisigde aan ’n stuk vloekhout het vir die wêreld kom wys wat die liefde van God die Vader is. Hy het die pad oopgemaak dat mense met God versoen kon word. So baie begeer dit, ander se harte is te verhard om te verstaan wat dit beteken, terwyl nog ander dit met bitter harte verag en verwerp.

Die kruis as die middelpunt. Die wêreld, die mensdom, het ’n middelpunt nodig, ’n gesag waaraan alles onderwerp word, ’n fokuspunt, ’n middelpunt, ’n sentrale kreatiewe krag, ’n riglyn, ’n finale doel, ’n punt waarheen hulle kan leef en wat sin en rigting aan hulle lewe kan gee. Dit alles vind ons in die kruis, in die persoon Jesus Christus.

Wanneer die kruis en die gekruisigde uit die middelpunt beweeg, is daar ’n wanbalans, ’n verwringing van die waarheid en verloor ons perspektief op die verlede, die hede en die toekoms. Wanneer die kruis uit die middelpunt skuif, vergroot die stryd tussen lig en duisternis tot ’n oorweldigende onmoontlikheid; die las van die nood van die armes en behoeftiges word so groot dat niemand daarvoor kans sien nie; die miljarde verlore mense oorweldig ons tot by die punt waar ons nie die waarheid wil aanvaar dat mense slegs deur geloof in Christus Jesus met God versoen kan word nie.

Wanneer ons egter die kruis raaksien, sien ons die onmoontlike raak en word baie dinge moontlik.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Die Ou Kruis en Die Nuwe Kruis

Die kruis is die middelpunt van die evangelie van Jesus Christus. Sonder die kruis is daar geen evangelie nie. Daar is vandag 'n toenemend verengde begrip van die kruis. Daar word vandag egter ook 'n Nuwe Kruis gepreek, maar dit is nie dieselfde as die Ou Kruis, die kruis-boodskap van Golgota nie.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com