Die Ou Kruis en Die Nuwe KruisVoorbeeld

Die Ou Kruis en Die Nuwe Kruis

DAG 2 VAN 14

Jy kan die kruis nie ignoreer nie

1 Korintiërs 1:23-24 - Maar ons verkondig Christus wat gekruisig is. Vir die Jode is dit ’n aanstoot en vir die ander is dit onsin, maar vir dié wat deur God geroep is, is Christus die krag van God en die wysheid van God.

Ons kan enigiets met hierdie houtkruis doen, behalwe om dit te ignoreer. Die kruis waaraan Jesus Christus gesterf het, kan nie geïgnoreer word nie. Die kruis dwing ons tot ’n keuse. Die Skrif maak dit duidelik dat die kruis sentraal staan tot die mensdom en God se boodskap aan die mensdom.

Geen ander godsdiens in die wêreld het ‘n boodskap wat enigsins vergelyk met die boodskap van die kruis nie. Alle wêreldgodsdienste het een ding in gemeen: Ons moet met ons goeie werke en dade opmaak vir dit wat ons verkeerd gedoen het en sodoende hoop dat ons genoeg goeie dade bymekaar gemaak het om wel in die hemel toegelaat te kan word. Die boodskap van die Bybel is die teenoorgestelde: Geen mens kan homself met sy goeie dade red nie (Efesiërs 2:8-9).

Sonde word gestraf – ongeag. Daarom stuur God vir ons Iemand om ons sonde te dra — in ons plek vir ons sonde te sterf. Dit was Jesus, die gekruisigde.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Die Ou Kruis en Die Nuwe Kruis

Die kruis is die middelpunt van die evangelie van Jesus Christus. Sonder die kruis is daar geen evangelie nie. Daar is vandag 'n toenemend verengde begrip van die kruis. Daar word vandag egter ook 'n Nuwe Kruis gepreek, maar dit is nie dieselfde as die Ou Kruis, die kruis-boodskap van Golgota nie.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com