Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 94 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Dié wat op die Here vertrou sal nie wankel nie. Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring. Hulle kinders is 'n geskenk van die Here. Die man wat die Here dien word geseën.

Wat beteken dit?

Hierde gedeelte van die pelgrimsliedere beskryf God se uitverkore mense se sekuriteit, vreugde en seëninge. Psalm 125 laat ons nadink oor die sekuriteit wat God voorsien aan dié wat Hom vertrou. Die veiligheid wat hulle aangevoel het toe hulle Jerusalem ingegaan het, was simbolies van hoe God se sorg hulle as 'n nasie omring het. Psalm 126 herinner ons hoe God trane in jubelgesange verander het toe Hy Israel van die Assiriërs verlos het (1 Konings 18 en 19). Psalm 127, wat deur koning Salomo geskryf is, dink na oor die seëninge van 'n godvresende gesin en die vreugde van kinders. Die skrywer van Psalm 128 besin oor die vrug van arbeid en geseënde gesin van die persoon wat die Here vrees en gehoorsaam. Terwyl die aanbidders die berge van Jerusalem bestyg het, het hierdie psalms hulle herinner om te vrees, te vertrou en die Here in elke aspek van hulle lewens te gehoorsaam – as landsburgers, familielede en werkers.

Hoe behoort ek te reageer?

As die mense met wie jy elke dag in aanraking kom gevra word om 'n paar woorde oor jou te sê as ouer, kind, broer of suster, werknemer, werkgewer, student of landsburger – wat sou hulle sê? Hoe jy in elke rol funksioneer, sê baie oor jou as 'n volgeling van Jesus Christus. Watter aspek van jou lewe weerspieël nie ten volle die vreugde om die Here te vertrou en te gehoorsaam nie? Dink na oor die veranderinge wat jy by die huis, werk of skool behoort aan te bring om God beter te eer.

Dag 93Dag 95

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org