Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
Wat staan daar geskrywe?
Die psalmdigter roep die Here, die Skepper van hemel en aarde, aan om Israel in hulle nood te help en om in genade oor hulle die wag te hou. Om na die huis van die Here te gaan verskaf hom vreugde.
Wat beteken dit?
Psalms 120 tot 134 is pelgrimsliedere. Hierdie psalms van Dawid, Salomo en heel waarskynlik Hiskia, is gesing op reis na Jerusalem vir die jaarlikse feeste. Terwyl die Israelitiese families opgekyk het na die berge rondom Jerusalem, het hulle letterlik opgekyk na die Here, wie se teenwoordigheid in die tempel van die heilige stad gewoon het. Hulle kon met selfvertroue leef want die Een wat hulle aanbid en 'n beroep op gedoen het in enige nood, was die Skepper van alles – hulle helper, oppasser en berskermer. Die geleentheid om die ware, lewende God in die openbaar te aanbid, het uitermate vreugde verskaf.
Hoe behoort ek te reageer?
Waar gaan soek jy hulp? Geen probleem is te moeilik vir die Here nie. Hy wag vir jou om na Hom te gaan vir enigiets wat jy nodig het. Een manier om jou oë op die Here te hou as jou helper, oppasser en beskermer, is om gereeld kerk toe te gaan. Gesamentlike aanbidding is 'n goeie bron van krag vir die komende week, wanneer jy God saam met mede-gelowiges prys en aanbid en mekaar bemoedig. Sien jy gretig uit daarna om die Here te aanbid saam met jou kerkfamilie? Oordink gedurende die week God se karakter en getrouheid in die verlede; dit sal jou help om met vreugde uit te sien na gesamentlike lofprysing.
Aangaande hierdie leesplan
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More