Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 92 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Al was die psalmdigter sonder rede vervolg, het hy vrede gevind in God se wet. Hy vra God om sy smeekgebed te hoor om te kan lewe om God se regverdige bevele te prys.

Wat beteken dit?

Regdeur Psalm 119 is die skrywer se stellings en versoeke basies dieselfde. Hy het die Woord van God vertrou en gehoorsaam; hy het hulle wat die Woord van God verontagsaam het teëgestaan; hy het by God gesmeek vir verlossing en het die Here nogtans geprys. Te midde van die chaos en ten spyte van vervolging, was hy vasberade om in gehoorsaamheid te lewe, ernstig te bid en gedurig lofliedere te sing. Die vrede en vreugde wat hy gevind het deur die Woord van God bo enigiets anders te ken en lief te hê, gaan beslis die mens se begrip te bowe – dis bonatuurlik.

Hoe behoort ek te reageer?

Ons modus operandi as kerkgaande volgelinge van Christus is om vriende en kleingroeplede te vra om vir ons te bid wanneer dinge moeilik is, en dan rig ons 'n vinnige dankgebed aan die Here as die probleem opgelos is. In die tussentyd is ons dikwels skuldig aan bekommernis of manipulasie in plaas van ernstige gebed. In watter situasie het jy geïdentifiseer met die psalmdigter se hulpkrete terwyl ons Psalm 119 bestudeer het? Sal jy sy voorbeeld volg om in gehoorsaamheid te lewe, vurig te bid en God gedurig te prys – ongeag wat jy in die gesig staar en hoe lank jy vir die Here moet wag om op te tree? Jou omstandighede mag jou dalk aanspoor om dieper in die Woord van God te delf as wat jy voorheen gedoen het, en jou 'n diepgaande liefde vir die Skrif gee en bonatuurlike vrede en vreugde verskaf. Moenie ophou om tot die Here te bid en sy Woord te gehoorsaam nie; moenie aarsel om Hom te prys nie.

Dag 91Dag 93

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org