Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 1 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

God seën en hou wag oor die regverdiges. Die Here se gesalfde koning sal regeer en die aarde oordeel. Wyse heersers is geseënd en kry beskutting terwyl hulle Hom dien en eer.

Wat beteken dit?

Psalm 1 skets 'n skrille kontras tussen die regverdige en die goddelose mense. Beide word verduidelik na aanleiding van hoe hulle hul tyd deurbring en die gevolg van waarna hulle in hul lewens streef. Die godvrugtige persoon vind 'n doel in die lewe deur die Skrif te lees en daaroor na te dink in plaas daarvan om na ongoddelike raad te luister. Die Here lei die persone wat aan Hom behoort, maar die een wat die Here verwerp het gekies om buite sy beskerming te leef. Psalm 2 maak melding van die toekomstige wraak van die Seun van God teenoor mense wat Hom aanhoudend verwerp. Hulle wat wys is vind beskerming in die Seun en dien Hom eerder as om teen Hom te wees.

Hoe behoort ek te reageer?

Hoe jy jou tyd deurbring onthul baie omtrent jou. Kan jou huidige bedrywighede as godvrugtig gesien word? Dink na oor waar elkeen van jou belangstellings begin het. Het jy die leiding van die Heilige Gees gevolg nadat jy gebid en die Woord van God oordink het? Of het mense wat die gesag van God in hulle lewens verwerp jou beïnvloed? As navolger van Christus word jy bedek deur sy geregtigheid en jy kry 'n ander lewe en toekoms as hulle wat Hom verwerp het. Besluit vandag om net dit wat God se doel en die Heilige Gees se leiding weerspieël, na te volg.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org