Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 8 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Die Here blyk ver weg te wees van die planne van die goddeloses. Maar Hy kan dit in ag neem en die verdruktes verdedig wat vir sy hulp wag.

Wat beteken dit?

Dit het vir die psalmdigter voorgekom of God wegkruip terwyl die goddelose manne saamsweer teen die onskuldiges en swakkes. Verwaandheid het hierdie goddelose mense gemotiveer om vloeke, leuens en dreigemente te gebruik om God en sy mense teë te staan. Hulle het gedink hulle is onoorwinlik, onaantasbaar, onsigbaar en ontoerekeningsvatbaar omdat hulle weggekom het met hulle betreurenswaardige optrede. Die psalmdigter het sy gedagtes weer gerig op wat hy geweet het waar is: sy ewige God sien en weet alles en kan die hulpeloses verdedig. Met sy hart en gedagtes wat stewig gevestig is, kan die skrywer met selfvertroue vir God vra vir bemoediging en geregtigheid.

Hoe behoort ek te reageer?

Ons sien dit daagliks: goddelose mense wat ander mense seermaak. Dit lyk dikwels of identiteitsdiewe en terroriste besig is om die geveg te wen. Ons gaan te kere, stuur boodskappe op sosiale media en skryf oor die onreg, maar hoe gereeld gaan jy direk na die Een wat alle mense verantwoordelik hou? Oor watter kwessie behoort jy tyd in gebed deur te bring eerder as om meer tyd op die foon of aanlyn deur te bring? Jy sal heel waarskynlik nie volkome geregtigheid in jou leeftyd sien gebeur rakende die saak wat jou na aan die hart lê nie. Jy kan egter seker wees dat die goddeloses en die verwaande mense uiteindelik verantwoording sal moet doen teenoor die Almagtige God.

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org