Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 10 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Die Here het na vore getree om die swakkes en dié wat in nood is teen bedrieglike mense te beskerm. Nogtans het Dawid in sy wagtyd gevoel dat die Here hom vergeet het. God se onfeilbare liefde het hom hierdie lied laat sing.

Wat beteken dit?

Dawid se uitkyk het afgehang van waarop hy gekonsentreer het. Wanneer hy na die gespot van sy vyande geluister het en net na sy eie omstandighede gekyk het, het dit gevoel of God wegkruip en hom op sy eie laat om deur sy gedagtes en emosies te werk. Maar toe Dawid besluit het om op God se liefde te fokus en op die betroubaarheid van wat Hy sê, was hy gevul met oorvloedige dankbaarheid vir alles wat God gedoen het en nog sou doen. Toe Dawid se fokus verskuif het, het sy gevoelens verander. God het hom nie vergeet nie en sy liefde staan vas.

Hoe behoort ek te reageer?

Ons kan nie anders as om die omstandighede te sien wat ons omring nie. Negatiewe gevoelens kan jou oorweldig wanneer dit lyk of daar niks goed is in enige rigting waar jy kyk nie. Wanneer dit gebeur moet jy Dawid se voorbeeld volg — hou op om rond te kyk en kyk op. Jy het 'n keuse: reageer op jou omstandighede of reageer op die Woord van God en sy liefde. Dis meer as net 'n positiewe gesindheid: dis volkome vertroue in die Een wat die beste namens jou kan werk. God sien verder as die huidige krisis. Wat is die Here dalk besig om te doen wat jy nie kan sien nie? Hoe was God al goed vir jou, selfs te midde van moeilike omstandighede? Skryf nou drie dinge neer waarvoor jy vir Hom dankie kan sê. Kies dan vandag om jou gedagtes op God se liefde en sorg vir jou te rig.

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org