Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
Wat staan daar geskrywe?
God se skepping openbaar wie Hy is en diegene wat sy opdragte onderhou, word beloon. Sy onderskeidingsvermoë ontbloot sonde sodat 'n mens onberispelik kan wees en God tevrede kan wees met hom.
Wat beteken dit?
Hierdie psalm onthul hoekom Dawid die Here gevolg het. Hy het begin met 'n korrekte siening van God as die Een wat alles geskep het terwyl buurnasies verskeie elemente van die skepping aanbid het. Dawid het ook die onmiddellike voordele daarin gesien om die wet van God na te volg. Jare se weghardloop van Saul, het hom geleer dat gehoorsaamheid aan die Here meer bevrediging bring as rykdom of die prag van 'n paleis. Laastens het Dawid 'n noue verhouding met die Here geniet. Hy het besef dat hy blind was vir foute wat net God aan hom kon openbaar. Gereelde nadenke oor die Woord van God het 'n lig in die donker plekke van sy hart laat skyn en hom bewus gemaak van enigiets wat nie die Here sou behaag nie.
Hoe behoort ek te reageer?
Ons praat baie oor hoe God Homself deur die Woord openbaar. Hoekom is dit so belangrik? 'n Korrekte siening van God is nodig om 'n korrekte siening van jouself te hê. Byvoorbeeld, om God as die almagtige Skepper te erken, help ons om sy gesag te erken wat ons algehele gehoorsaamheid aan sy weë verwag. Watter oortuigings oor die Here het jy die afgelope tyd teëgekom? Watter Skrifgedeeltes bevestig of weerspreek daardie oortuigings? Indien jy elke dag begin deur die Woord van God te bestudeer en sy Naam in gebed te eer, sal jou gedagtes en optredes regdeur die dag meer geneig wees om Hom bo alles te behaag.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More