Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
![Worship: A Study in Psalms](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F32323%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Wat staan daar geskrywe?
Die aarde behoort aan die Here. Net diegene wat Hom soek mag in sy heiligdom staan om sy seën te ontvang. Die eeue-oue deure en poorte maak gereed vir die magtige Koning om in te gaan.
Wat beteken dit?
Hierdie psalm was op die eerste dag van die week in die tempel gesing. Dit het heel moontlik Dawid se terugkeer herdenk toe hy die ark van God na Jerusalem teruggebring het van die Filistyne af (2 Samuel 6:12-19). Die profetiese aard van hierdie psalm verwys ook na Christus wat opgevaar het na die hemel as die magtige Koning. In sy mensheid het Jesus nooit innerlik of uiterlik gesondig nie. As die sondelose Seun van God is Hy die enigste een wat in die heilige teenwoordiheid van God die Vader kan staan. Christus is ook die hoof Skaapwagter (1 Petrus 5:4), wat nog 'n ander ingang in die heerlikheid sal maak, saam met almal wat geregverdig is omdat hulle hul geloof vir hulle verlossing in Hom geplaas het.
Hoe behoort ek te reageer?
Gelowiges het al deur die eeue heen liedere oor die heerlikheid van die hemel gesing. So mooi soos dit sal wees om te aanskou, kan niks kers vashou met die ontsagwekkende wonder dat ons — vergewe en geregverdig — in die fisieke teenwoordigheid van die almagtige Here gaan lewe nie. Ons enigste reg om in die hemel te kan ingaan, is gebaseer op die geregtigheid van Jesus Christus, die magtige Koning. Staan nou 'n paar oomblikke in gebed af vir lofprysing en danksegging. Prys die Here vir sy name en eienskappe wat in Psalm 24 geopenbaar word. Dank Hom dan vir jou ewige seëninge deur Christus (vergifnis, geregtigheid, 'n toekoms in die hemel, ens.).
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Worship: A Study in Psalms](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F32323%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More