Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
Wat staan daar geskrywe?
God het Dawid gehelp toe hy om hulp geroep het. Sy trane het in gejubel verander en sy treurigheid in vreugde, dus kon hy God vir ewig prys en dank.
Wat beteken dit?
Blykbaar het Dawid God se dissiplinering ervaar in die vorm van 'n ernstige liggaamlike siekte, miskien na sy sonde om die mense te tel (1 Kronieke 21) — hoewel ons nie seker kan wees nie. Toe Dawid nederig om genade gevra het, het die Here hom vergewe en hom gesond gemaak. Die gevolg van vergifnis was die direkte teenoorgestelde van die soort lewe wat hy sou leef indien sonde in sy lewe sou voortgaan; gehuil is met vreugde vervang en treurigheid het in lofsange verander. Dawid kon nie stilbly oor God se genade en getrouheid nie.
Hoe behoort ek te reageer?
Te veel kere mis ons geleenthede om te getuig oor God se goedheid, want as ons dit doen, sal dit iets uit ons verlede onthul wat pynlik en 'n verleentheid is. Dink aan 'n tyd toe God se getrouheid duidelik was tydens 'n moeilike tyd in jou lewe. Dalk was dit 'n onsuksesvolle besigheid, die verlies van 'n kind of 'n morele mislukking. Hoe het jy gesien dat Hy in jou omstandighede en hart werk? Dis goed om God privaat te prys, maar soms wil Hy hê dat ons openlik praat oor hoe Hy in ons lewens gewerk het. Raak 'n oomblik stil en prys God nou vir wat Hy vir jou gedoen het. Kyk dan uit vir 'n geleentheid om iemand anders daarvan te vertel. Sal jy dit vandag doen?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More