Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 26 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Dié wat op God vertrou het rede om te jubel, omdat sy Woord waar is, al sy werk betroubaar is, wat Hy sê gebeur en sy troue liefde die aarde vul.

Wat beteken dit?

Daar is altyd 'n rede om die Here te prys. Eerstens, omdat Hy net 'n woord gespreek het en die wêreld en alles daarin tot stand gekom het. Dink ook na oor die feit dat die Skepper van hemel en aarde sy gedagtes aan sy skepping openbaar deur middel van sy Woord — die Bybel. Die Skrif openbaar God se regverdige, barmhartige en getroue natuur sedert die begin van die tyd. Die Here se doelwitte vir die toekoms is so seker soos die geskiedenis; geen mens kan sy planne keer nie. Die persoon wat op God vertrou en al sy of haar hoop plaas op wat in sy Woord geskryf is, kan vol vreugde wees terwyl hy of sy wag vir die planne om in vervulling te kom.

Hoe behoort ek te reageer?

Daar word gesê dat musiek 'n universele taal is; dit het die krag om ons emosies te ontsluit en voorsiening maak vir persoonlike uitdrukking. Musiekvoorkeure verskil, selfs in die kerk. Ons kan so vasgevang word in die styl van liedere wat gekies word, dat ons die rede miskyk hoekom dit in die eerste instansie gesing word. God se eienskappe, optredes en doelwitte is rede genoeg om Hom te prys, of dit met 'n gesang uit die verlede is of 'n splinternuwe loflied. Gee hierdie Sondag meer aandag aan die woorde in elke lied wat jy sing – hulle is vol waarheid uit die Woord van God. As jy nie gemaklik voel om in die openbaar te sing nie, sing die woorde saggies aan God as 'n lofprysing. Hoe kan ons stilbly as ons so baie redes het om Hom te prys?

Dag 25Dag 27

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org