Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 25 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Die Here het Dawid vergewe toe hy sy sonde bely het. Die Here is by hulle wat op Hom vertrou en omring hulle met onfeilbare liefde en laat hulle verlossingsliedere sing.

Wat beteken dit?

Hierdie psalm beskryf Dawid "voor" en "na" hy sy sonde van egbreuk met Batseba bely het. Hy het probeer om dit toe te smeer, maar hy kon nie sy sonde vir God wegsteek nie. Die skuldgevoel van sy verkeerde daad het swaar op hom gerus en die oortuiging van die Gees van God was sterk. Toe hy eers besluit het om sy sonde teenoor die Here te bely, was dit soos 'n las wat van hom afgeval het. Gemeenskap met sy Here was onmiddellik herstel. Dawid se blydskap het terug gekeer en hy kon weer God se leiding en raad geniet. Die Here het weer 'n loflied in die psalmdigter se hart gesit. Dawid het inderdaad rede gehad om God te prys.

Hoe behoort ek te reageer?

Indien jy 'n kind van God is, sal Hy jou nie toelaat om gemaklik te leef terwyl jy sonde in jou hart en lewe het nie. Jy kan probeer om dit te ignoreer, dit weg te steek of daaroor te lieg, maar die waarheid is aan God bekend. Hy sal jou dissiplineer sodat jy 'n weerspieëling van sy heiligheid en geregtigheid kan wees (Hebreërs 12:5-11). Watter sonde is besig om jou vreugde en effektiwiteit in die koninkryk van God te dreineer? Jy dink dalk dit is nie so erg soos Dawid se sonde van egbreuk nie. Enige sonde wat jy koester sal jou egter geestelik leeg tap — dit mag jou selfs liggaamlik beïnvloed. Laat toe dat die oortuiging van die Heilige Gees jou hart op hierdie oomblik sagmaak en bely enige verkeerde gedagte, gesindheid of optrede wat jou neerdruk.

Dag 24Dag 26

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org