Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
Wat staan daar geskrywe?
Moet jou nie ontstel oor mense wat slegte goed doen nie, hou net aan doen wat goed is. Vertrou op die Here en vind jou vreugde in Hom. Wees rustig en laat jou lewe aan Hom oor en wag geduldig, want Hy sorg vir die regverdiges.
Wat beteken dit?
Dawid deel die wysheid van 'n bejaarde man wat beide goddeloses en godvresende manne waargeneem het. Anders as die boek van Job, spreek hierdie psalm nie die kwessie “Hoekom laat God toe dat die bose bestaan?” aan nie. In plaas daarvan konsentreer Dawid op die enigste ding wat regverdige mense kan beheer — hulle reaksie op voortslepende goddelose dade in die wêreld. Die kind van God wat op Hom vertrou vind vreugde in dit wat die Here behaag. Dit veroorsaak dat persoonlike begeertes in lyn kom met die wil van die Here. Die regverdige hoef nie planne te beraam om sekuriteit te vind nie; hulle kan leef met wat God voorsien, met die wete dat Hy vir elke behoefte sal sorg. Die goddelose sal ten gronde gaan. Eendag sal God hulle aan die pen laat ry. Die goddeloses sal uit sy teenwoordigheid verwyder word, maar die godvresendes sal vir ewig die Here se guns en seën geniet.
Hoe behoort ek te reageer?
Dit is ontmoedigend om te sien hoe die bose seëvier terwyl ons nasionale sedes aanhou versleg. God wil hê dat sy mense iets sal doen. Die eerste stappe is op 'n meer persoonlike vlak, in die vorm van petisies of briewe wat aan ministers geskryf word. Kyk weer na Psalm 37; omkring of merk die werkwoorde wat Dawid gebruik het: vertrou, verheug, vertrou jou lewe toe aan die Here, wees stil, doen goed, wag, volg sy voorskrifte (NLV). Let ook op wat ons moet doen: moenie ontsteld wees nie, moenie kwaad word nie, draai weg van toorn en boosheid. Watter van hierdie dinge beskou jy as jou sterkpunte en watter is nog steeds swakhede in jou lewe? Voordat jy op sosiale media uitvaar oor wat verkeerd is met die wêreld, vra vir God om jou te oortuig van enige terrein waar jy Hom nie persoonlik vertrou of jou vreugde in Hom vind nie. Hoe sal jy vandag bewys lewer dat jy heelhartig aan die Woord van God toegewyd is?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More