Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
Wat staan daar geskrywe?
Die skrywer onthou met vreugde hoe hy God se mense na die huis van God toe gelei het. In sy terneergedruktheid herinner hy homself om op God te hoop en die Een te prys wat hom in liefde gelei het.
Wat beteken dit?
Psalm 42, die eerste psalm wat aan die seuns van Korag toegeskryf word, dui die begin van boek twee in Psalms aan. Die nageslag van Korag het die nalatenskap van rebellie van hul voorvader oorkom. Hulle het Israel getrou gelei om in die tempel te aanbid (Numeri 16). Die skrywer was ver weg van Jerusalem af, besig om liggaamlik te ly en geteister deur die goddeloses. Sy verterende begeerte om terug te keer na die tempel het hom gelei om rigting te soek deur middel van God se waarheid. God se liefde het hom gedurende die dag onderhou en vir hom 'n lied in die aand gegee. Hierdie neerdrukkende treurlied bevat een rede om te hoop dat hy weer sou glimlag — sy Verlosser, sy Rots, was by hom.
Hoe behoort ek te reageer?
'n Drastiese verandering van een of ander aard kan ons emosioneel verward laat voel, wat 'n tydperk van depressie kan meebring. Soms wens ons dat ons omstandighede kan verander, maar God laat toe dat dit elke dag voortgaan. Wat behoort jy te doen wanneer die lewe jou neerslagtig en ontsteld laat voel? Soek die lig en waarheid wat in die Skrif gevind kan word. Die Bybel is 'n kompas wat ons gevoelens rig sodat ons nie die pad geestelik byster raak nie. Dit herinner ons aan God en hoe Hy in die verlede getrou was. Is jou hoop verpletter? Hoop op God; sy karakter bly onveranderd te midde van ons veranderende omstandighede.
Aangaande hierdie leesplan
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More