Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
![Worship: A Study in Psalms](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F32323%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Wat staan daar geskrywe?
Terwyl Dawid se vyande gewag het dat hy van 'n siekte moes sterf en sy vriende hom verraai het, het Dawid op die Here vertrou om hom in genade te onderhou en te herstel.
Wat beteken dit?
Dit is uiters belangrik om hierdie psalm in konteks te lees om dit reg te verstaan. Die "een" en die "boesemvriend" van wie Dawid in hierdie gedeelte praat is sy seun Absalom en Agitofel (wat in opposisie teen Dawid was na sy sonde met Batseba en Urija se moord). Agitofel was Batseba se oupa, maar Absalom se haat vir sy pa was meer ingewikkeld. Dawid het nie sy seun Amon gestraf vir die wrede aanval op Absalom se suster nie. Toe Absalom vir Amnon dood gemaak het, was Dawid al jare lank vervreemd van hom, wat Absalom verbitterd en wraaksugtig gemaak het. Dawid het die harde werklikheid van Natan se profesie gevoel; dat die swaard nooit sy huis sou verlaat nie. Hy het seker gedink dat hy geen morele rede gehad het om regverdig te regeer nie, weens sy vorige oortredinge wat amper dieselfde was as Absalom s'n. Alhoewel Dawid regverdig voor God kon staan ná sy berou, het die nagevolge van sy sonde hom gevolg en sy gesin uitmekaar geskeur.
Hoe behoort ek te reageer?
Die Here se vergifnis is verseker as ons opreg berou het, maar die ernstige nagevolge kan verreikend wees. Indien jy die werklikhede van jou eie optrede verduur, soek God se vergifnis en reik uit na diegene vir wie jy seergemaak het. Dink na oor die onderliggende waarskuwing in hierdie hoofstuk — die versoeking wat jou vandag verlei, mag jou duur te staan kom in die toekoms. Sal jy die keuse maak om berou te toon voordat 'n sondige gedagte 'n sondige daad word?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Worship: A Study in Psalms](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F32323%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More