Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
Wat staan daar geskrywe?
Baie mense sou op die Here begin vertrou toe Dawid sy stilte verbreek het oor die wonderdade, liefde en waarheid van die Here — Dawid se hoop, hulp en verlosser.
Wat beteken dit?
Beide psalms is waarskynlik geskryf tydens Absalom se rebellie toe Dawid onder die liggaamlike gevolge van God se oordeel oor sy sonde met Batseba gely het. Dit het vir Dawid voorgekom of dinge nie slegter kon gaan nie. In plaas daarvan dat hy net eenvoudig ophou kla het, het Dawid probeer om heeltemal stil te bly om te verseker dat hy nie 'n fout maak en sondig nie. Sy probeerslag het misluk toe hy sy emosies, vrae en belydenis voor die Here uitgestort het. Hierdie intensiteit het vir Dawid 'n dieper waardering gegee vir alles wat God in die verlede vir hom gedoen het. Hy het 'n nuwe gewaarwording gekry van waaroor aanbidding gaan. Hy het vertrou dat ander mense ook op die Here sou vertrou as hy openlik oor God se liefde en genade praat. Die God wat hom in die verlede gehelp het, was die God wat sy huidige situasie toegelaat het. Dawid se hoop op verlossing was geheel en al op Hom.
Hoe behoort ek te reageer?
Ons is te dikwels stil oor die dinge wat werklik saak maak. Klagtes en negatiewe emosies stroom uit ons soos 'n pyp wat gebars het, terwyl opregte prys vir die Here onderdruk word. As ons eerlik is oor waarom dit gebeur, moet ons waarskynlik erken dat ons meer konsentreer op alles wat verkeerd is as wat ons op die liefde en genade van God fokus. Waaroor was jy hierdie week die meeste uitgesproke? Het jou woorde mense nader aan Christus getrek of kan jou woorde as sonde gereken word? Moenie wag totdat jou huidige situasie verbeter om die Here openlik te prys en te aanbid nie. Wanneer jy dink aan wat Hy in die verlede vir jou gedoen het, sal jou uitkyk oor wat Hy nou vir jou kan doen verbeter.
Aangaande hierdie leesplan
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More