Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 31 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

God se dissiplinering oor Dawid se sonde, het oorweldigende skuldgevoel en liggaamlike pyn meegebring, wat Dawid aangepor het om sy sonde te bely en vir die Here te wag om hom te antwoord.

Wat beteken dit?

Dawid se owerspel met Batseba en die moord van haar man, was amper Dawid se ondergang en is die rede vir verskeie van sy boetepsalms (6, 32, 38 en 51). Die beskrywing van sy liggaamlike toestand, in hierdie gedeeltes, het baie geleerdes laat glo dat Dawid aan melaatsheid gely het. Alhoewel nie alle siektes die gevolg van sonde is nie, bevestig hierdie hoofstuk beslis dat God soms uiterste maniere gebruik om sy kinders op die punt te bring waar hulle hul verkeerde dade kan erken. Dawid se emosionele- en geestesangs was net so pynlik soos sy liggaamlike toestand. God se swaar hand van dissipline het Dawid tot op die punt van desperaatheid en belydenis gebring.

Hoe behoort ek te reageer?

Siekte en hartseer is deel van die menslike toestand, net eenvoudig omdat sonde ons wêreld beïnvloed. Soms mag God tog probleme in jou lewe toelaat om jou aandag te trek as jy nie gehoor gegee het aan sy eerste teregwysing aangaande sonde in jou lewe nie. Dink 'n oomblik na oor die oorsake van spanning en angs in jou lewe vandag. Sit stil in God se teenwoordigheid en vra Hom om aan jou te openbaar of enige een daarvan deel van sy dissipline uitmaak. Moenie wag totdat Hy jou op die punt van desperaatheid bring nie. Bely jou sonde en lewe voort met 'n skoon gewete.

Dag 30Dag 32

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org