Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 35 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Die skrywer onthou hoe God hulle voorvaders laat floreer het en betreur dit dat Hy nie meer saam met hulle leërs uittrek nie, al het hulle nie sy Naam vergeet nie.

Wat beteken dit?

Hierdie psalm was in gemeenskaplike aanbidding gebruik om hulle droefheid uit te spreek omdat hulle 'n nederlaag gely het teen hulle vyande. Die vyand het God se mense geplunder al het hulle die Naam van die Here aanbid eerder as afgode. Die psalm maak melding van hul getrouheid aan God en dui aan dat dit moontlik gedurende die dae van koning Hiskia geskryf is. Alhoewel hy ontslae geraak het van die afgode in Juda en aanbidding vir die Almagtige God weer ingestel het, moes hy toekyk hoe die Assiriese weermag sy koninkryk genadeloos plunder. Die psalmdigter het besluit om getrou te bly aan die Here en dit word geëwenaar deur die moed wat hy gehad het om 'n versoek aan God te rig dat Hy moet wakker word, opstaan en hulle help — 'n beroep wat uitsluitlik op sy onfeilbare liefde vir sy mense gebaseer is.

Hoe behoort ek te reageer?

Dis bevrydend as jy oorwinning kry oor sonde in jou lewe wat jou lank vasgegryp het. 'n Geestelike oorwinning behoort ons egter nie te laat voel dat ons enige aanspraak op God kan maak nie. Ons het gewoond geraak daaraan om sy onbeperkte seën te verwag, soos skoolkinders wat 'n beloning kry as hulle gedoen het wat die onderwyser hulle gevra het om te doen. Is jy vasberade om die Here te vertrou, ongeag wat Hy in jou lewe toelaat, of hou jou gehoorsaamheid verband met sy seëninge? Bid met vrymoedigheid oor die probleme wat jy nou ondervind en besluit dan om net op God te vertrou (Job 13:15) sodat die egtheid van julle geloof duidelik sal wees (1 Petrus 1:6-7).

Dag 34Dag 36

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org