Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
Wat staan daar geskrywe?
God het die bose mense in Israel, wat offers gemaak het en sy wette aangehaal het, maar sy opdragte gehaat het, berispe. God sal die hemel en die aarde oproep om sy volk te oordeel.
Wat beteken dit?
Dis die eerste van 12 psalms wat aan Asaf, een van koning Dawid se hoof musikante, toegeskryf word. Asaf se woorde skets 'n beeld van 'n hofsaal waar God die aanklaer, getuie, regter en jurie is. Die aanklag was tweevoudig: valse aanbidding, gevolg deur 'n skynheilige lewe. Party mense wat saamgekom het om te aanbid, het al die regte goed gesê, en nogtans het niks in hulle lewe gestaaf wat hulle gesê het hulle glo nie. Hulle het God genader asof Hy hulle offers nodig gehad het, eerder as om duidelik te sien dat hulle sy vergifnis vir hulle sonde nodig het. Hierdie gedeelte is ook profeties. Dit praat van God se oordeel oor die nasie van Israel, aan die einde van die groot verdrukking. Tot dan leef God se verkose mense in die genadetyd — verlossing is steeds beskikbaar vir almal wat Hom graag wil eer.
Hoe behoort ek te reageer?
Vandag se gedeelte is 'n oproep om stil te word en ondersoek in te stel oor hoe ons die Here aanbid en in sy diens leef. Die twee is baie nou verbonde aan mekaar. Hoe jy aanbid, beïnvloed jou lewe, en hoe jy lewe behoort jou aanbidding te vermeerder. Watter aanklagte kan God maak ten opsigte van hierdie aspekte in jou lewe? Het jou aanbidding van Jesus roetine en onopreg geword? Het jy arrogant geword en dink jy dat God die dinge nodig het wat jy vir Hom doen, eerder as om te sien hoe Hy jou diens gebruik om jou karakter en jou afhanklikheid van Hom te ontwikkel? Gee hierdie week veral aandag aan die woorde wat jy tydens aanbiddingstyd sing en die gesprekke wat jy met medegelowiges voer. Maak 'n punt daarvan om hierdie konsepte in die praktyk toe te pas in jou gemeenskap en sendingveld. Opregte aanbidding lei tot ware Christenskap.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More