Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 42 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Dawid het al sy hoop in die Naam van die Here geplaas en geglo dat God Doëg sou vernietig, omdat hy liewer was vir kwaaddoen as goeddoen. God sal kwaaddoeners beskaamd laat staan.

Wat beteken dit?

Doëg, 'n Edomiet, en die hoof van Saul se veewagters, het vir die koning kom vertel hoe die priester, Agimelek, vir Dawid gehelp het. In opdrag van Saul het Doëg 85 priesters en hulle families doodgemaak ter vergelding (1 Samuel 21-22). Toe Dawid hierdie nuus ontvang, skryf hy Psalm 52 en maak 'n beroep op God om die kwaad wat gepleeg is te wreek. Dis belangrik om daarop te let dat Dawid se versoek nie 'n daad van vergelding was nie, maar perfek in lyn met God se regverdige karakter was. Hoofstuk 53 beklemtoon die waarheid dat God diegene verag wat kwaaddoen en hulle dade sal oordeel. Eendag sal almal se bose dade en opstandigheid teenoor God onder sy oordeel kom.

Hoe behoort ek te reageer?

Wanneer ons die diepte van bose dade in ons wêreld aanskou, is dit moeilik om te weet hoe om te bid. As volgelinge van Christus word ons beveel om ons vyande lief te hê, maar die Heilige Gees in ons openbaar tog ook God se regverdige woede teenoor enigiets wat onheilig is. Hoe behoort jy vir die vyande van God te bid? Jy kan seker wees dat jy in sy wil bid as jy volgens sy karakter bid. God is regverdig, daarom kan ons bid dat God se geregtigheid geskied. God is ook liefdevol en genadig, daarom kan ons vir dieselfde mense bid om tot bekering te kom. Sal jy wraak vir die boosheid wat jy gesien en ervaar het aan God oorlaat? Sy geregtigheid sal uiteindelik seëvier.

Dag 41Dag 43

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org