Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 41 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Dawid erken sy sonde aan die Here en vra Hom vir genade en 'n rein hart.

Wat beteken dit?

Hierdie hoofstuk lewer bewys van die hoë prys wat 'n mens vir sonde betaal en hoe belangrik dit is om jou verhouding met God te herstel. Dawid het hierdie psalm geskryf kort nadat die profeet Natan hom gekonfronteer het oor sy sonde met Batseba en die moord van haar man (2 Samuel 12). Dawid het dadelik met nederige berou gereageer. Sy liggaam, siel en gees het vir maande lank 'n hoë prys betaal toe hy probeer het om sy sonde weg te steek. Die gedagte aan God se genade en vergifnis, waarop hy nie geregtig was nie, het Dawid se fokus verskuif van om sy sonde weg te steek tot om met trane berou te toon. Sy grootste begeerte was om rein te wees voor die Here, sodat hy weereens die vreugde van God se teenwoordigheid kon ervaar en Hom gedurig prys.

Hoe behoort ek te reageer?

As versoeking 'n "voor" en "na" beeld aan ons kon voorhou, sou die meeste van ons so vinnig as moontlik in die teenoorgestelde rigting weghardloop. Ons het selde 'n idee waarheen 'n oomblik van sonde of ongehoorsaamheid ons kan lei. Ons sonde is aanstootlik vir God, maak ander seer en veroorsaak dat ons 'n hewige prys betaal. Is daar 'n sekere gedrag wat jy vir vriende en familie wegsteek, of 'n vorige sonde wat jy wil geheim hou? Jy kan dit nie vir God wegsteek nie. Wil jy nie Dawid se voorbeeld volg in vandag se Skrifgedeelte nie? Bely enige sonde aan die Here waarvan jy bewus is en ervaar die vreugde van 'n herstelde verhouding en 'n hernude hart om Hom te prys en te dien.

Dag 40Dag 42

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org