Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
Wat staan daar geskrywe?
Dawid het leiers beskuldig van onreg en geweld en het sy vertroue in God se oordeel uitgespreek.
Wat beteken dit?
Dawid het skokkende beelde gebruik om sy verontwaardigheid te beskryf wat die onreg betref wat hy by die leiers van Israel opgemerk het. Dit was egter nie oortredings wat teen hom persoonlik gepleeg was wat Dawid genoop het om vir God se wraak te vra nie; dit was hulle oortredings teenoor Israel se heilige God. Dawid was kwaad oor die regte dinge — boosheid en goddeloosheid. Hy het wel geweet dat God eendag die goddeloses sou oordeel, maar hy het uitgesien daarna dat God se geregtigheid oor sy nasie sou regeer terwyl hy nog geleef het.
Hoe behoort ek te reageer?
Wat maak jou kwaad? Ons is dikwels briesend oor nietige kwessies wat ons persoonlik aanstoot gee, terwyl ons stilbly oor dinge wat die Here aanstoot gee. Hoe kan jy weerstand bied teen goddeloosheid in jou gemeenskap en nasie? Oorweeg om by 'n groep aan te sluit wat 'n verskil maak, soos om 'n vrywilliger te wees by 'n huis vir ongehude moeders of 'n kinderhuis. Woon vergaderings in jou gemeenskap by waar jy jou kan uitspreek teenoor wetgewing wat nie in lyn met Bybelse beginsels is nie. Moenie net sit en kyk hoe ons wêreld buite beheer raak nie; word kwaad vir die regte dinge en spreek jouself daarteenoor uit!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More