Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
Wat staan daar geskrywe?
Dawid het vir God gevra om sy mense te herstel en hulp te gee teen hulle vyande.
Wat beteken dit?
Terwyl Dawid en Joab teen twee vyande in die noorde geveg het, het Edom die geleentheid gesien om Juda van die suide af aan te val (2 Samuel 8 en 1 Kronieke 18). Hulle het God se mense en die land beskerm wat Hy aan Abraham se nageslag belowe het. Dawid was verward oor hoekom God sou toelaat dat hulle onverwags aangeval word in 'n gebied wat onstabiel voorgekom het. Te midde van 'n nasionale ramp, het Dawid begin bid vir God se liefde en oppermagtige beheer oor die nasies. Hierdie psalm met 'n opdrag (miktaam) en klaaglied, het deel geword van die nasie Israel se aanbidding as 'n herinnering dat God hulle hoop en beskermer was, ongeag of hulle aan die verloor- of wenkant was.
Hoe behoort ek te reageer?
Ons is nie immuun teen moeilike tye as ons Jesus getrou dien nie. Jy is dalk in die voorste linie — 'n vrywilliger by jou kerk en vertel mense van Christus — wanneer jy skielik met 'n opstandige tiener of geweldige finansiele probleem gekonfronteer word. In plaas daarvan om te vra "Hoekom?" verander die vraag na "Wie?" Wie is jou verdediger? Na wie toe kan jy gaan vir hoop? Moeilike tye is deel van die lewe, so moet dus nie benoud wees of onkant gevang word nie. Neem elke nuwe uitdaging na die Here toe. Hy is lief vir jou en is volkome in beheer. Jy kan nie oorwinning ervaar as jy nie eers die geveg aanpak nie.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More