Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
Wat staan daar geskrywe?
Dawid het gebid vir God se beskerming teen die bloeddorstige manne wat teen hom saamgesweer het. Die Here was sy toevlugsoord, krag en skuilplek in moeilike tye.
Wat beteken dit?
Dawid het hierdie spesifieke psalm geskryf toe Migal, sy vrou en Saul se dogter, hom help ontsnap het van haar pa se manne wat buite sy huis gewag het om hom dood te maak. Die opskrif dui aan dat dit 'n miktaam is — 'n psalm met 'n opdrag. Dawid het ses soortgelyke psalms geskryf (16, 56-60) terwyl hy vir Saul gevlug het. Die woord "miktaam" veronderstel die idee dat iets gegraveer word. Alhoewel hierdie gedeelte Dawid se persoonlike gebed aan God was, was daar iets waarvan Dawid bewus was wat diep in die harte en denke van God se mense gegraveer moes word. Dit was in die beginjare van Dawid se vlug van Saul geskryf en Dawid het 'n gewoonte gevorm wat regdeur baie van sy psalms waargeneem kan word — hy het opreg gebid tot die God van Israel, met verwagting uitgesien na die Here die Almagtige se antwoord en God se karakter geprys, waarin hy sy krag gevind het.
Hoe behoort ek te reageer?
Watter waarhede het God in jou hart en denke gegraveer deur middel van persoonlike ervarings? Watter lesse het jy tydens baie moeilike tye geleer? Daardie waarhede en lesse behoort oorgedra en onthou te word. Oorweeg om 'n joernaal te hou van jou daaglikse oordenking en skryf die datum langs 'n vers neer wat spesiale betekenis vir jou inhou omdat dit 'n vertroosting of bemoediging was tydens 'n moeilike tyd in jou lewe. Indien God jou in 'n leierskap- of gesagsposisie geplaas het, wees op die uitkyk vir maniere om daardie lewenslesse in jou onderrig in te bou. Jy kan dit wat jy geleer het tydens 'n aandete met jou gesin oordra of tydens middagete met 'n medewerker of klasmaat. Watter geestelike waarheid behoort jy vandag met iemand te deel?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More