Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 51 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Dawid het God geprys as die Voorsiener van goeie dinge, insluitende 'n oes om sy mense te onderhou.

Wat beteken dit?

In hierdie oespsalm sê Dawid vir God dankie vir die verlossingswerk wat hy deur spesifieke dade aan sy mense getoon het: gebede wat beantwoord is, sonde wat vergewe is, vreugde en tevredenheid wat voortgebring is en beskerming en voorsiening wat aangebied is. Dawid het Israel daaraan herinner dat God hierdie dinge kon laat gebeur omdat Hy beide magtig en genadig is. God het berge gevorm; Hy laat die see bedaar; Hy bring reën en maak die aarde nat sodat dit 'n oorvloedige oes kan lewer. Elke persoon skuld God iets vir hierdie seëninge. God is die Redder en Onderhouer van die wêreld en verdien die prys en vertroue van al die mense.

Hoe behoort ek te reageer?

Hoe reageer jy as jou bronne minder raak? Lewe jy dan met angstigheid? Rig jou gedagtes op wat God gemaak en gedoen het wanneer jy bekommerd raak. God het voorsien wat ons nie op ons eie kon doen nie, deur vir ons sy kosbaarste besitting — sy enigste Seun — te gee, deur wie se dood en opstanding ons kinders van God kan wees. Dieselfde God, die Skepper en enigste gesag oor alles wat bestaan, hou aan om vir ons voorsiening te maak. As Hy al hierdie dinge kan doen, kan Hy vir seker in jou daaglikse behoeftes voorsien. Vertrou Hom; Hy is bekwaam en waardig. Hy sal nie misluk nie.

Dag 50Dag 52

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org