Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 49 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Dawid het rus vir sy siel gevind deur op God te wag, wie betroubaar is.

Wat beteken dit?

Hierdie psalm toon Dawid se vertroue in God se betroubaarheid, selfs as ander hom aanval of verlaat. Dawid was so oortuig van God se vermoë om hom te red, dat hy rus in God gevind het terwyl hy gewag het dat God alles sou doen wat Hy belowe het. Die woorde "wag" en "rus" word in dieselfde asem gebruik as daar verwys word na die idee om versekering te vind in God en sy vermoëns. Hierdie soort rus is 'n afwagtende inwoning wat hoop tot gevolg het en net gevind word deur op God te vertrou. Dawid se stelling is eenvoudig: Jy kan op God vertrou om te voltooi wat Hy begin.

Hoe behoort ek te reageer?

Die meeste van ons sal nie "wag" en "rus" as sinonieme gebruik nie. Ons verpes dit byvoorbeeld om in die ry by die winkel te wag, maar ons sien uit na 'n seevakansie om te rus. Vandag se psalm herinner ons dat wanneer dinge verkeerd loop, ons ware rus kan vind terwyl ons op God wag om sy plan te voltooi. Wanneer jy ongeduldig is, gaan direk na God toe. Stort jou hart voor Hom uit. Hy luister altyd; Hy is nooit laat of haastig nie en is betroubaar. Jy kan volkome op die Here en sy plan vertrou. Dis nooit maklik om te wag nie, maar dis die moeite werd om te wag vir die hoop wat jy kry as jy op God vertrou. Sit agteroor. Rus. Jou hemelse Vader het alles onder beheer.

Dag 48Dag 50

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org