Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 52 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Die psalmdigter doen 'n beroep op Israel om God te prys vir hulle verlossing en redding en Hom te dank vir sy genade en voorsiening.

Wat beteken dit?

God is ontsagwekkend in sy krag en beskerming. Sy krag word onthul in die skepping en sy vermoë om sy mense te verlos. Sy getrouheid is aan Israel getoon deur hulle verlossing uit Egipte en deur sy voortdurende beskerming. God is nie net 'n beskermheer nie, maar ook 'n onderwyser. Hy het toegelaat dat sy mense in omstandighede beland wat hulle gehoorsaamheid getoets en hulle geleer het om op Hom te vertrou. Hy het Israel gelouter sodat sy heerlikheid deur hulle vertoon kon word. Hy verdien al die heerlikheid en lofprysing. Laat die hele aarde die Here prys!

Hoe behoort ek te reageer?

Soms mis ons die lesse wat die Here vir ons wil leer omdat ons konsentreer op die negatiewe omstandighede, wat ons as probleme sien. Daardie einste hindernisse kan die instrument wees wat God gebruik om ons iets oor sy gesag en voorsiening te leer. Hoe behoort ons te reageer as ons getoets word? Gehoorsaam Hom en prys Hom. Is jy 'n goeie student? Watter les probeer God jou tans leer? Wees gehoorsaam — dan sal jy verbaas wees oor hoe Hy deur jou werk wanneer Hy jou geleenthede gee om sy werke te verkondig en ander van sy getrouheid te vertel. Voordat jy vandag negatief word, onthou dat hindernisse, wat uitdagend is, nie probleme hoef te wees nie.

Dag 51Dag 53

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org