Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
Wat staan daar geskrywe?
Asaf was in die versoeking om die voorspoed van die goddeloses te beny.
Wat beteken dit?
Asaf was diep ontsteld oor die kontras tussen die voorspoed van die goddeloses en die probleme van die regverdiges. Ondanks hulle verwaandheid teenoor God en wreedheid teenoor ander, lyk dit of goddelose mense min bekommernisse het terwyl hulle gesondheid en rykdom geniet. Sy eie lewe was geteister met probleme en gevaar. Hy het amper ingegee aan die versoeking om hulle voorspoed te beny; toe onthou hy dat God die goddeloses sal oordeel maar dat die regverdiges onder sy beskerming sal wees. Asaf se goddelike lewe het ewige voordele ingehou vir sy nageslag — die musikante tydens Israel se grootste herlewings — wat God se mense in aanbidding gelei het toe die fondament van die tempel gelê is (Esra 3:10).
Hoe behoort ek te reageer?
God is regverdig en Hy let op hoe ons lewe. Hy is ook die enigste ware gesag. Al lyk dit of die bose nie gestraf word nie en die goddeloses skynbaar regeer, kan ons verseker wees dat God rekord hou. Die Heerser van almal sal jou beskutting wees as jy besluit om jou vertroue in Hom te stel. As jy kies om Hom teen te staan, sal die Here jou teenstander word. Vind rus of bied weerstand — wat gaan jy vandag kies? Gaan jy vertroosting vind in God se gesag in plaas daarvan om bekommerd te wees oor die voorspoed van goddelose mense? God hou alles dop. Hy sal nie nalaat om reg te laat geskied of ewige seën te bring vir jou gehoorsaamheid nie.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More